YouVersion Logo
Search Icon

Handelinge 16:1-5

Handelinge 16:1-5 AFR20

Paulus het na Derbe gegaan, en toe na Listra. En kyk, daar was 'n dissipel met die naam Timoteus – die seun van 'n gelowige Joodse vrou, maar van 'n Griekse pa. Hy was iemand oor wie die broers in Listra en Ikonium goeie getuienis gelewer het. Paulus wou Timoteus saam op reis neem, en het hom laat besny ter wille van die Jode wat in daardie streke gewoon het, omdat almal geweet het dat sy vader 'n Griek was. Soos hulle van stad tot stad gereis het, het hulle die voorskrifte waarop die •apostels en ouderlinge in Jerusalem besluit het, aan die gelowiges oorgedra om dit te onderhou. Sodoende is die •gemeentes in die geloof versterk en hulle het van dag tot dag in getal toegeneem.