2 Timoteus 4:5-8
2 Timoteus 4:5-8 AFR20
Maar bly jy in alles nugter, verduur jou lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, beoefen jou bediening voluit. Want ek word reeds as •drankoffer uitgegiet, en die tyd van my dood is naby. Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou. Nou wag die oorwinningskrans van •geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee – en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat sy koms liefhet.