1 Korinthiërs 12:8-10
1 Korinthiërs 12:8-10 AFR20
Aan een word 'n woord van wysheid deur die Gees gegee, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander gawes van genesing deur die één Gees; aan een dinamiese kragte, aan 'n ander weer die gawe van profesie; aan een die onderskeiding van geeste, aan 'n ander verskillende soorte tale, en aan nog 'n ander die uitleg van tale.