1
JOSUA 6:2
Afrikaans 1983
Die Here het vir Josua gesê: “Ek gaan Jerigo, sy koning en sy soldate nou in jou mag oorgee.
Compare
Explore JOSUA 6:2
2
JOSUA 6:5
en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal dan inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.”
Explore JOSUA 6:5
3
JOSUA 6:3
Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen.
Explore JOSUA 6:3
4
JOSUA 6:4
Sewe priesters moet elkeen 'n ramshoring voor die ark uit dra. “Die sewende dag moet julle sewe maal om die stad loop. Dan moet die priesters die ramshorings blaas
Explore JOSUA 6:4
5
JOSUA 6:1
Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie.
Explore JOSUA 6:1
6
JOSUA 6:16
Na die sewende maal het die priesters die ramshorings geblaas. Josua het vir die manskappe gesê: “Skreeu! Die Here gee die stad aan julle oor!
Explore JOSUA 6:16
7
JOSUA 6:17
Dit moet heeltemal uitgedelg word as banoffer vir die Here: die stad en al wat daarin is, behoort aan die Here. Net die prostituut Ragab mag lewe, sy en almal by haar in die huis, want sy het die verkenners wat deur ons uitgestuur is, weggesteek.
Explore JOSUA 6:17
Home
Bible
Plans
Videos