1
JESAJA 40:29
Afrikaans 1983
Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
Compare
Explore JESAJA 40:29
2
JESAJA 40:30-31
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Explore JESAJA 40:30-31
3
JESAJA 40:28
Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Explore JESAJA 40:28
4
JESAJA 40:3
Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God!
Explore JESAJA 40:3
5
JESAJA 40:8
Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.
Explore JESAJA 40:8
6
JESAJA 40:5
Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê.”
Explore JESAJA 40:5
7
JESAJA 40:4
Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet 'n gelykte word en elke koppie 'n vlakte.
Explore JESAJA 40:4
8
JESAJA 40:11
Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.
Explore JESAJA 40:11
9
JESAJA 40:26
Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie.
Explore JESAJA 40:26
10
JESAJA 40:22
God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.
Explore JESAJA 40:22
11
JESAJA 40:2
Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes.
Explore JESAJA 40:2
12
JESAJA 40:6-7
Iemand sê: “Roep!” En ek vra: “Wat kan ek roep? Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.”
Explore JESAJA 40:6-7
13
JESAJA 40:10
Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom.
Explore JESAJA 40:10
14
JESAJA 40:1
Die uitkoms is hier! Die uitkoms is hier! Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.
Explore JESAJA 40:1
15
JESAJA 40:12-14
Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg? Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?
Explore JESAJA 40:12-14
Home
Bible
Plans
Videos