1
1 TIMOTEUS 6:12
Afrikaans 1983
In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.
Compare
Explore 1 TIMOTEUS 6:12
2
1 TIMOTEUS 6:10
Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
Explore 1 TIMOTEUS 6:10
3
1 TIMOTEUS 6:6
Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het
Explore 1 TIMOTEUS 6:6
4
1 TIMOTEUS 6:7
want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.
Explore 1 TIMOTEUS 6:7
5
1 TIMOTEUS 6:17
Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.
Explore 1 TIMOTEUS 6:17
6
1 TIMOTEUS 6:9
Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.
Explore 1 TIMOTEUS 6:9
7
1 TIMOTEUS 6:18-19
Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.
Explore 1 TIMOTEUS 6:18-19
Home
Bible
Plans
Videos