1
Numeri 22:28
Die Boodskap
Toe laat die Here die donkie deur ’n wonderwerk met Bileam praat. “Dit is nou al die derde keer dat jy my so slaan,” het die donkie skielik vir Bileam gesê. “Wat het ek aan jou gedoen om dit te verdien?”
Compare
Explore Numeri 22:28
2
Numeri 22:31
Die Here maak toe Bileam se oë oop en hy het die Engel van die Here met sy groot swaard daar in die pad sien staan. Toe buig Bileam voor die Engel.
Explore Numeri 22:31
3
Numeri 22:32
Die Engel van die Here vra toe vir hom: “Waarom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Ek het jou juis kom voorkeer, want jy is op pad na jou ondergang toe.
Explore Numeri 22:32
4
Numeri 22:30
Toe vra die donkie vir Bileam: “Is ek nie dieselfde donkie waarop jy nog altyd gery het nie? Het ek al ooit voorheen so met jou gemaak?” “Nee,” moes Bileam erken.
Explore Numeri 22:30
5
Numeri 22:29
“Jy hou my vir die gek,” het Bileam gesê, “as ek ’n swaard by my gehad het, het ek jou net hier doodgemaak!”
Explore Numeri 22:29
6
Numeri 22:27
Toe die donkie hierdie keer die Engel van die Here sien staan, het hy sommer net onder Bileam gaan lê. Bileam het in sy woede die donkie met sy stok toegetakel.
Explore Numeri 22:27
Home
Bible
Plans
Videos