1
Spreuke 22:6
Die Bybel 2020-vertaling
Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie.
Compare
Explore Spreuke 22:6
2
Spreuke 22:4
Die beloning vir nederigheid en ontsag vir die HERE is rykdom, eer en lewe.
Explore Spreuke 22:4
3
Spreuke 22:1
'n Goeie naam is verkieslik bo groot rykdom, egte innemendheid bo silwer en goud.
Explore Spreuke 22:1
4
Spreuke 22:24
Moenie vriende maak met 'n humeurige mens nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie saamgaan nie
Explore Spreuke 22:24
5
Spreuke 22:9
Wie ruimhartig is, sal geseën word, want hy gee van sy brood aan die hulpelose.
Explore Spreuke 22:9
6
Spreuke 22:3
'n Slim mens sien gevaar en skuil, maar onverstandiges gaan voort en betaal die prys.
Explore Spreuke 22:3
7
Spreuke 22:7
'n Ryke heers oor armes, en wie leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
Explore Spreuke 22:7
8
Spreuke 22:2
Rykes en armes het dít gemeen: Die HERE het hulle almal gemaak.
Explore Spreuke 22:2
9
Spreuke 22:22-23
Moenie 'n arme beroof omdat hy arm is nie, en moenie die magtelose vertrap in die poort nie, want die HERE sal hulle regstryd voer en van hulle plunderaars die lewe plunder.
Explore Spreuke 22:22-23
Home
Bible
Plans
Videos