1
Jakobus 1:2-3
Die Bybel 2020-vertaling
Beskou dit as 'n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval, omdat julle weet dat, as julle geloof getoets word, dit volharding meebring.
Compare
Explore Jakobus 1:2-3
2
Jakobus 1:5
As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Explore Jakobus 1:5
3
Jakobus 1:19
Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word.
Explore Jakobus 1:19
4
Jakobus 1:4
Maar julle volharding moet tot volledige ontwikkeling kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees, en in geen opsig tekort skiet nie.
Explore Jakobus 1:4
5
Jakobus 1:22
Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie.
Explore Jakobus 1:22
6
Jakobus 1:12
Gelukkig is die man wat versoeking deurstaan, want as hy die toets slaag, sal hy die oorwinningskrans van die lewe ontvang, wat God beloof het aan hulle wat Hom liefhet.
Explore Jakobus 1:12
7
Jakobus 1:17
Elke goeie geskenk en elke volmaakte gawe kom van bo af, van die Vader van die hemelligte, by wie daar geen afwyking of skadu van verandering is nie.
Explore Jakobus 1:17
8
Jakobus 1:23-24
Want wie 'n hoorder van die woord is en nie 'n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in 'n spieël sien. Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het.
Explore Jakobus 1:23-24
9
Jakobus 1:27
Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.
Explore Jakobus 1:27
10
Jakobus 1:13-14
Laat niemand wat versoek word, sê: “Ek word deur God versoek” nie, want God kan nie deur kwaad versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Elkeen word versoek wanneer hy deur sy eie begeerte meegevoer en verlei word.
Explore Jakobus 1:13-14
11
Jakobus 1:9
Laat die broer wat gering is, hom op sy hoë aansien beroem
Explore Jakobus 1:9
Home
Bible
Plans
Videos