1
Jesaja 43:19
Die Bybel 2020-vertaling
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek 'n pad maak, in die wildernis riviere.
Compare
Explore Jesaja 43:19
2
Jesaja 43:2
As jy deur water moet gaan – Ek is by jou, of deur riviere – hulle sal jou nie oorspoel nie. As jy deur vuur moet gaan – jy sal nie geskroei word nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Explore Jesaja 43:2
3
Jesaja 43:18
“ Moenie dinge van vroeër in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie.
Explore Jesaja 43:18
4
Jesaja 43:1
“Maar nou,” so sê die HERE, jou Skepper, Jakob, die Een wat jou gevorm het, Israel, “moenie bang wees nie, want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep – aan My behoort jy.
Explore Jesaja 43:1
5
Jesaja 43:4
Omdat jy kosbaar is in my oë, geëer is, omdat Ek die Een is wat jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
Explore Jesaja 43:4
6
Jesaja 43:3
Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou verlosser. Ek gee Egipte as jou losprys, Kus en Seba gee Ek in jou plek.
Explore Jesaja 43:3
7
Jesaja 43:5
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Uit die ooste bring Ek jou nageslag, uit die weste maak Ek jou bymekaar.
Explore Jesaja 43:5
8
Jesaja 43:25
Ek, ja, Ek is die Een wat ter wille van Myself jou oortredings telkens uitgewis het, jou sondes nie in herinnering geroep het nie.
Explore Jesaja 43:25
9
Jesaja 43:10
“ Julle is my getuies,” is die uitspraak van die HERE, “my dienskneg wat Ek uitgekies het, sodat julle My kan ken, in My kan glo, en kan insien dat dit Ek is. Voor My is daar nie 'n god gevorm nie, en ná My sal daar nie een wees nie.
Explore Jesaja 43:10
10
Jesaja 43:11
Ek, ja, Ek is die HERE, en daar is geen verlosser buiten My nie.
Explore Jesaja 43:11
11
Jesaja 43:13
Ook voortaan is Ek die Een; uit my hand kan niemand red nie. Ek sal optree, en wie kan dit ongedaan maak? ”
Explore Jesaja 43:13
12
Jesaja 43:20-21
Die wilde diere sal My eer, die jakkalse en steenuile, omdat Ek water in die woestyn, ja, riviere in die wildernis gee, om my uitverkore volk te laat drink. Die volk wat Ek vir my gevorm het – my lof sal hulle verkondig.
Explore Jesaja 43:20-21
13
Jesaja 43:6-7
Ek sê vir die noorde, ‘Gee!’ en vir die suide, ‘Moenie gevange hou nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af. Elkeen wat na my Naam genoem is – tot my eer het Ek hom geskep, hom gevorm, ja, hom gemaak.’ ”
Explore Jesaja 43:6-7
14
Jesaja 43:16-17
So sê die HERE, wat in die see 'n pad maak, 'n deurgang in die magtige waters, wat strydwaens en perde laat opruk, 'n leërmag, ja, 'n magtige een – saam lê hulle daar, hulle staan nie op nie; hulle is geblus, soos 'n lamppit uitgedoof
Explore Jesaja 43:16-17
15
Jesaja 43:15
Ek is die HERE, julle Heilige, die Skepper van Israel, julle Koning.”
Explore Jesaja 43:15
Home
Bible
Plans
Videos