1
Romeine 14:17-18
Bybel vir almal
Want die dinge wat ons eet en drink, is nie belangrik daar waar God, die Koning, regeer nie. Dit is belangrik dat God ons vryspreek en dat Hy vir ons vrede gee en vir ons help om regtig bly te wees, ons almal wat die Heilige Gees het. As ons so vir Christus dien, dan is God tevrede met ons en dan sal ander mense ons respekteer.
Compare
Explore Romeine 14:17-18
2
Romeine 14:8
Wanneer ons lewe, dan lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wanneer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here.
Explore Romeine 14:8
3
Romeine 14:19
Daarom moet ons dinge doen wat help dat daar vrede is, dinge wat ander gelowiges help om hulle geloof sterk te maak.
Explore Romeine 14:19
4
Romeine 14:13
Die gelowiges wat 'n sterk geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n swak geloof het, doen verkeerd. En die gelowiges wat 'n swak geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n sterk geloof het, doen verkeerd. Ons moet besluit om nie dinge te doen wat ander gelowiges sonde laat doen of wat hulle laat ophou glo nie.
Explore Romeine 14:13
5
Romeine 14:11-12
Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die Here sê: Ek het dit vir Myself belowe, Ek het gesê: Elke knie sal voor My buig, elke mens sal sê hy weet Ek is God. Dit beteken: Elkeen van ons sal self vir God moet antwoord oor alles wat ons gedoen het.
Explore Romeine 14:11-12
6
Romeine 14:1
Daar is gelowiges wat twyfel, hulle geloof is swak. Julle moet hulle aanvaar. Hulle dink miskien anders as julle oor party dinge en hulle dink hulle is reg. Julle moenie met hulle daaroor stry nie.
Explore Romeine 14:1
7
Romeine 14:4
Dit is nie júlle wat mag besluit of 'n ander man se slaaf reg of verkeerd doen nie, sy eienaar besluit dit. Daarom, die gelowiges wat alles eet, doen reg, want dit is die Hére wat hulle reg laat doen, Hy kan dit doen.
Explore Romeine 14:4
Home
Bible
Plans
Videos