1
Spreuke 11:25
Bybel vir almal
Wanneer iemand dit goed laat gaan met ander mense, dan gaan dit goed met hom. As hy vir ander mense water gegee het toe hulle dors was, dan sal hy ook water kry wanneer hy dors is.
Compare
Explore Spreuke 11:25
2
Spreuke 11:24
Daar is mense wat hulle goed vir ander mense uitdeel, maar hulle kry altyd meer goed, daar is ook mense wat nie graag vir ander mense iets doen nie, húlle word self arm.
Explore Spreuke 11:24
3
Spreuke 11:2
Mense sal 'n hoogmoedige mens maklik verneder, wyse mense is nederig.
Explore Spreuke 11:2
4
Spreuke 11:14
'n Volk sal 'n oorlog verloor wanneer mense nie goed dink voordat hulle die oorlog begin nie, maar wanneer daar baie raadgewers is, dan sal hulle wen.
Explore Spreuke 11:14
5
Spreuke 11:30
Iemand wat reg lewe, laat ander mense waarlik lewe, 'n wyse mens sal lank lewe.
Explore Spreuke 11:30
6
Spreuke 11:13
Iemand wat skinder, sê dinge wat ander mense nie moet weet nie, iemand vir wie jy kan glo, praat nie oor die dinge waaroor 'n mens moet stilbly nie.
Explore Spreuke 11:13
7
Spreuke 11:17
'n Persoon wat doen wat hy belowe, kry sy beloning, 'n wrede mens laat homself swaarkry.
Explore Spreuke 11:17
8
Spreuke 11:28
Iemand wat dink dat dit hom sal help as hy ryk is, sal sterf, maar dit sal baie goed gaan met mense wat reg lewe.
Explore Spreuke 11:28
9
Spreuke 11:4
Wanneer die Here kwaad is vir jou, dan help dit nie dat jy ryk is nie, maar wanneer jy reg lewe, dan sal dit jou lewe red.
Explore Spreuke 11:4
10
Spreuke 11:3
Eerlike mense hou aan om reg te lewe, mense wat ontrou is, sterf omdat hulle skelm is.
Explore Spreuke 11:3
11
Spreuke 11:22
'n Mooi vrou wat nie verstandig kan besluit nie, is soos 'n goue ring aan 'n vark se neus.
Explore Spreuke 11:22
12
Spreuke 11:1
Die Here haat 'n weegskaal wat nie reg weeg nie, Hy hou van gewigte wat presies reg weeg.
Explore Spreuke 11:1
Home
Bible
Plans
Videos