1
Johannes 19:30
Bybel vir almal
Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!” Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
Compare
Explore Johannes 19:30
2
Johannes 19:28
Jesus het geweet al sy werk op aarde was nou klaar. Daarom het Hy gesê: “ Ek is dors.” Hy het dit gesê sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is.
Explore Johannes 19:28
3
Johannes 19:26-27
Jesus het gesien sy ma staan daar en ook die dissipel vir wie Hy lief was. Toe sê Jesus vir sy ma: “Mevrou, daardie dissipel is nou jou seun.” En Hy sê vir daardie dissipel: “Daardie vrou is nou jou ma.” Van toe af het daardie dissipel vir Jesus se ma by hom laat woon.
Explore Johannes 19:26-27
4
Johannes 19:33-34
Toe die soldate by Jesus kom, sien hulle Jesus is klaar dood. Daarom het hulle nie sy bene gebreek nie, maar een van die soldate het 'n spies in Jesus se sy gesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
Explore Johannes 19:33-34
5
Johannes 19:36-37
Dit alles het gebeur sodat dit waar kon word wat in die Ou Testament geskryf is: “ Die mense sal nie sy bene breek nie.” Op 'n ander plek in die Ou Testament is geskryf: “ Hulle sal Hom sien, Hy is die Een, hulle het Hom met 'n spies gesteek.”
Explore Johannes 19:36-37
6
Johannes 19:17
Jesus het self sy kruis gedra en Hy het uit die stad gegaan, na die Kopbeenplek. Die Hebreeuse naam van die plek is Golgota.
Explore Johannes 19:17
7
Johannes 19:2
Die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en hulle het dit op Jesus se kop gesit. Hulle het vir Jesus pers klere aangetrek.
Explore Johannes 19:2
Home
Bible
Plans
Videos