1
SPREUKE 11:25
Nuwe Lewende Vertaling
Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik.
Compare
Explore SPREUKE 11:25
2
SPREUKE 11:24
Mense wat graag uitdeel, ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm.
Explore SPREUKE 11:24
3
SPREUKE 11:2
Verwaandheid bring vernedering. Nederigheid bring wysheid.
Explore SPREUKE 11:2
4
SPREUKE 11:14
Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê.
Explore SPREUKE 11:14
5
SPREUKE 11:30
Iemand wat reg optree, is soos ’n vrugbare boom. ’n Mens wat wys is, red ander se lewens.
Explore SPREUKE 11:30
6
SPREUKE 11:13
’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.
Explore SPREUKE 11:13
7
SPREUKE 11:17
’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself.
Explore SPREUKE 11:17
8
SPREUKE 11:28
Iemand wat staatmaak op rykdom, kom juis tot ’n val. Iemand wat reg doen, floreer soos groen blare aan ’n boom.
Explore SPREUKE 11:28
9
SPREUKE 11:4
Rykdom gaan niks help op die dag van oordeel nie. Om reg te lewe sal jou red van die dood.
Explore SPREUKE 11:4
10
SPREUKE 11:3
Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.
Explore SPREUKE 11:3
11
SPREUKE 11:22
’n Mooi vrou sonder gesonde oordeel is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet.
Explore SPREUKE 11:22
12
SPREUKE 11:1
Die HERE haat ’n skaal wat nie reg weeg nie. ’n Akkurate lesing dra sy goedkeuring weg.
Explore SPREUKE 11:1
Home
Bible
Plans
Videos