1
MARKUS 13:13
Nuwe Lewende Vertaling
Julle sal deur almal gehaat word omdat julle mý mense is. Maar elkeen wat enduit volhard, sal verlos word.
Compare
Explore MARKUS 13:13
2
MARKUS 13:33
Omdat julle dan nie weet wanneer die tyd daar is nie, wees oplettend en voortdurend waaksaam.
Explore MARKUS 13:33
3
MARKUS 13:11
Maar wanneer hulle julle voor die owerhede bring, moet julle julle nie bekommer oor wat julle ter verdediging sal sê nie. Sê maar net wat God in daardie uur vir julle sal gee om te sê. Julle sal wel die woorde uitspreek, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat deur julle praat.
Explore MARKUS 13:11
4
MARKUS 13:31
Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan.
Explore MARKUS 13:31
5
MARKUS 13:32
“Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele in die hemel of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.
Explore MARKUS 13:32
6
MARKUS 13:7
Wanneer julle van oorloë hoor, hier naby en daar ver, moenie paniekerig word nie. Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie.
Explore MARKUS 13:7
7
MARKUS 13:35-37
Waak julle dan voortdurend, want julle weet nie wanneer die baas van die huis terugkom nie – teen die aand of teen middernag of met hanekraai of vroegdag. Moenie dat hy julle aan die slaap kry as hy onverwags opdaag nie. Wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: ‘Bly voortdurend waaksaam!’”
Explore MARKUS 13:35-37
8
MARKUS 13:8
Nasies en koninkryke sal teen mekaar oorlog verklaar. Daar sal wydverspreide aardbewings wees; daar sal hongersnood wees. Hierdie dinge sal nog maar net die begin van die swaarkry wees.
Explore MARKUS 13:8
9
MARKUS 13:10
Ja, die Goeie Nuus moet eers verkondig word aan al die nasies.
Explore MARKUS 13:10
10
MARKUS 13:6
Baie mense sal in my Naam met die aanspraak kom: ‘Ek is die Messias,’ en hulle sal baie op ’n dwaalspoor bring.
Explore MARKUS 13:6
11
MARKUS 13:9
“Wees op julle hoede! Hulle sal julle aan die howe uitlewer. Julle sal in die sinagoges geslaan word. En julle sal voor goewerneurs en konings verskyn omdat julle my volgelinge is. Dit sal vir julle ’n geleentheid wees om voor hulle van My te getuig.
Explore MARKUS 13:9
12
MARKUS 13:22
Daar sal baie vals messiasse en profete na vore kom. Hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, selfs God se uitverkorenes te probeer mislei.
Explore MARKUS 13:22
13
MARKUS 13:24-25
“In daardie tyd, wanneer die groot swaarkry verby is, sal die son donker word en die maan sal nie meer lig gee nie. Die sterre sal van die hemel val en die kragte wat die hemelruim saambind, sal geskud word.
Explore MARKUS 13:24-25
Home
Bible
Plans
Videos