1
JEREMIA 8:22
Nuwe Lewende Vertaling
Is daar nie medisyne in Gilead nie? Is daar nie ’n dokter wat kan help nie? Hoekom is daar nie genesing vir my volk nie?
Compare
Explore JEREMIA 8:22
2
JEREMIA 8:4
“Jeremia, gaan sê vir hulle wat Ek, die HERE, sê: As mense val, staan hulle dan nie weer op nie? Of as hulle agterkom hulle is op ’n verkeerde pad, draai hulle nie terug nie?
Explore JEREMIA 8:4
3
JEREMIA 8:7
Die trekooievaar in die lug weet wanneer om te kom, die tortelduif en die swaeltjie weet wanneer dit tyd is om te vlieg, maar my volk ken nie die vereistes van die HERE nie.
Explore JEREMIA 8:7
4
JEREMIA 8:6
Ek het fyn geluister na hulle gesprekke. Hulle praat nie die waarheid nie. Nie eers een van hulle is spyt oor die dinge wat hulle doen nie. Niemand van hulle sê: ‘Wat het ek aangevang!’ nie. Nee, hulle storm in sonde voort, soos ’n perd injaag in ’n geveg!
Explore JEREMIA 8:6
5
JEREMIA 8:9
Julle wyse mense sal in die skande kom, want hulle is verward en vasgevang in hulle eie manier van dink. Hulle het die HERE se woord verwerp. Hoe wys is hulle werklik?
Explore JEREMIA 8:9
Home
Bible
Plans
Videos