1
GENESIS 9:12-13
Afrikaans 1983
Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
አወዳድር
{{ጥቅስ}} ያስሱ
2
GENESIS 9:16
Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”
3
GENESIS 9:6
“Wie die bloed van 'n mens vergiet, deur 'n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
4
GENESIS 9:1
God het vir Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie en bewoon die aarde.
5
GENESIS 9:3
Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.
6
GENESIS 9:2
Al die diere, al die voëls, al die diere wat kruip, en al die vis sal vir julle bang wees en vir julle skrik. Hulle word tot julle beskikking gestel.
7
GENESIS 9:7
Maar júlle moet vrugbaar wees en baie word. Vermeerder op die aarde en word baie!”
ቤት
መጽሐፍ ቅዱስ
እቅዶች
ቪዲዮዎች