Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld
Memoriseervers:
“... omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke ...”
Lukas 2:30-31
Uidaging vir die Week:
Advent is 'n tyd van wag vir Jesus se wederkoms wanneer Hy 'n nuwe aarde sal skep en al ons beproewings uiteindelik verby sal wees. Hierdie week dink ons aan Simeon wat lank moes wag om Jesus die Messias te sien. Om te wag is nie maklik vir enigeen van ons nie. Wat is van die dinge waarvoor jy wag? Vertrou hulle hierdie week weer aan God toe en vertrou op sy perfekte tydsberekening om jou gebede te beantwoord. Gaan ook voort om Maria se lied te memoriseer. Hersien wat jy verlede week gememoriseer het en begin hierdie week om Lukas 1:49-50 te memoriseer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/