Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 8 VAN 29

Oordenkingsvrae:

1. Die Psalmdigter sê: “Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord... Dit was vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.” (Psalm 119:67, 71) Kan jy dieselfde sê? Is jy al deur swaarkry nader aan God getrek? Wat het jy in daardie tyd van God se karakter geleer?

2. Jesus sê: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Korintiërs 12:9) Hoe het jy Jesus se krag en beskerming in jou eie lewe ervaar deur die verlossing wat in Hom alleen gevind word?

3. Watter taktiek gebruik die Satan gewoonlik om jou aandag af te lei, jou van God te skei of jou daarvan te weerhou om daagliks met Christus te wandel? Hoe kan die waarheid van die evangelie jou help om die vyand se leuens te beveg?

4. Hoe laat jy toe dat God jou gebruik om sy koninkryk te dien en enige werk te aanvaar wat Hy aan jou toewys? Op watter maniere kom jy in die versoeking om jou eie eer te soek eerder as dié van Jesus?

5. In watter areas van jou lewe het jy vandag hulp nodig? Hoe kan jy met vertroue na Jesus toe gaan, wetende dat Hy genadig is, en Hom spesifiek vir hulp vra?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/