Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 13 VAN 29

Lig van die wêreld

Lees: Lukas 2:28-32; Jesaja 42:1-9; Johannes 1:4-5

SOAP: Lukas 2:30-32

“... omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het oor die oë van al die volke: 'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.”

Oordenking

Simeon gee vir ons 'n pragtige en ware beskrywing van die baba in sy arms. Hy is die lig vir die heidene, soos geprofeteer deur Jesaja ongeveer 600 jaar vroeër. Simeon het geweet dat met die koms van die Messias, God se koninkryk buite die volk Israel gebou gaan word en uitbrei na elke uithoek van die wêreld. God sou die heidene na Homself roep, diegene wat voorheen nie aan sy volk behoort het nie.

Tweeduisend jaar later kan ons ons net verwonder oor hoe hierdie profetiese woorde van Jesaja en Simeon vervul is. Die geskiedenis het keer op keer bewys dat Jesus waarlik die lig van die wêreld is. Oral waar die evangelie uitgedra is, het die goeie nuus van Jesus lig en nuwe lewe gebring, ongeag van hoe groot die duisternis was.

Dink aan Paulus wat hierdie lig in die Grieks-Romeinse wêreld van die eerste eeu versprei het. Die evangelie het mense van afgodsdiens na geloof in die lewende God gebring. Dink aan die eerste-eeuse Christene wat babas wat op die dorpe se rommelhope gelaat is, gered en versorg het. Die goeie nuus van Jesus verander alles.

Dink in meer onlangse tye aan sendelinge soos John Paton wat na eilandstamme in die Suidelike Stille Oseaan vaar, die lig van Jesus bring en die verskriklike moorde en kannibalisme beëindig het. Dink aan Amy Carmichael wat na Indië reis en talle dogtertjies uit 'n lewe van tempelprostitusie red. Dink aan Mary Slessor wat na Nigerië gaan en onder die Okoyong-stamme werk en Jesus verkondig. Met baie wat tot geloof gekom het, het dit gehelp om die wydverspreide praktyk van die doodmaak van pasgebore tweelinge te beëindig. Dink aan wat vandag in die Moslemwêreld gebeur, met baie duisende mense wat hul oë oopgemaak het vir die waarheid van die evangelie en die onderdrukkende duisternis van Islam verlaat.

Ons vergeet soms watter lewensveranderende krag die evangelie bewys het om te wees, wat 'n einde bring aan eeueoue duisternis waar mense ook al na sy helder en glorieryke lig gedraai het. Ruim tyd in om 'n sendingbiografie op te tel en van hierdie verhale self te lees. Kom ons bid dat hierdie lig sal aanhou versprei na die onbereikte plekke in ons wêreld.

Gebed

Hemelse Vader, dankie dat U die helder lig van die evangelie in my hart laat skyn het. Ek vra U om meer gelowiges as sendelinge te stuur om hierdie lig te neem na diegene wat nog in duisternis is. Hier is ek. Gebruik my op watter manier U ook al wil. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/