60 Om Nuut Te BeginVoorbeeld

60 To Start

DAG 29 VAN 60

"En laat ons nie in versoeking kom nie nie maar verlos ons van die Bose."

Here, lei my van enige verhouding wat my sal verhoed om nader aan U te groei. Ek sal lewe in waarheid en openlikheid.

Here, ek trek die skild van God aan soos gevind in Efesiërs 6:12-18. 1) Die gordel van waarheid. 2) Die vryspraak deur God as borsharnas. 3) My skoene met bereidheid toegerus om die evangelie van vrede te verkondig. 4) Die swaard van die gees. 5) Die helm van verlossing. Ek bid ook ten alle tye deur die Gees met verskeie gebede en versoeke.

Here, ek vra u beskerming soos gevind in Psalm 91. Ek weet dat U my sal red van enige lokval en enige plaag. Ek sal beskutting kry in die omhelsing van u vlerke. Dit maak nie saak watter boosheid om my plaasvind nie, dit sal my nie aanraak nie. U sal u engele beveel om my te beskerm van enige kwaad.

Omdat U my liefhet, en omdat ek u Naam erken, sal U my red. Omdat ek U roep sal U my antwoord, my red en my eer. U wys my u verlossing en stel my gerus deur my 'n lang lewe te gee.
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

60 To Start

Hierdie 60-dag leesplan is ontwerp om jou te help om 'n verhouding met Jesus te begin (of van nuuts af te begin). Jy sal drie dinge doen elke dag: ontmoet vir Jesus in die boeke van die apostels, lees die briewe om te sien hoe sy gelowiges sy boodskap uitgeleef het en groei in 'n dieper verhouding met Hom deur gebed.

More

Ons wil graag vir Trinity New Life Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.trinitynewlife.com