Onwrikbare Ma'sVoorbeeld
"Ewige Liefde"
Gister het my man aanmekaar gevra of alles met my reg is. "Jy lyk terneergedruk," het hy gesê. Hy is 'n wonderlike man. Hy ken my. Ek het niks vir hom gesê nie, maar dit was nie nodig nie. Hy ken my gesigsuitdrukkings, my sugte, my lyftaal. Hy kan dalk nie my gedagtes lees nie, maar hy kan met redelike sekerheid raai wat ek in enige situasie dink. Die belangrikste is dat hy omgee en dit nie ongesiens laat verbygaan nie.
Nadat die kinders gaan slaap het, was dit ons tydjie om te ontlaai (ons gunsteling TV-program te kyk en knus bymekaar te sit). Hy kon sien dat iets my pla en wou weet wat dit was. Hy het die regte vrae gevra wat my gehelp het om my bekommernis aan hom te vertel. Alles wat in my gedagtes gemaal het, het ek uiteindelik met hom gedeel. Sy reaksie was net wat ek nodig gehad het. "Kom sit hier styf teen my," het hy gesê en my nader gewink. Hy het my só vasgehou; my kop op sy bors en sy arms om my. Na 'n paar minute sê hy: "Jy is belangrik." (Natuurlik het ek begin huil.)
Soms voel die lewe soos 'n kleuter se kunswerk wat teen die yskasdeur geplak word; 'n kleurvolle gekrabbel. Dit is mooi, maar moeilik om uit te maak wat dit veronderstel is om te wees. Dit is wild en 'n bietjie oordadig. Selfs die beste, vrugbaarste seisoen kan jou onkant vang. Dit is moeilik om te weet hoe om al daardie vrugte te hanteer! In die wagperiode, die droë seisoen, die donker dae — wanneer jy vergeet wie jy is en wie s'n jy is — dis dan wat Jesus vir jou wil sê: "Jy is belangrik."
Dit is vertroostend en gee hoop om te weet dat een ding altyd waar sal bly, ongeag die seisoen waarin jy jou bevind. Een ding sal nooit verander nie: Jesus is die betroubare Rots waarop jy kan steun.
Spreuke 3:5 sê: "Vertrou VOLKOME op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie."
Jy kan op Hom en sy wysheid staatmaak om jou die pad aan te wys. Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie; genotvol of hartseer, Hy is jou doel. Hy sal jou wys waarna jy moet streef. Wanneer jy net 'n gekrabbel op 'n bladsy sien, sien Hy die voltooide meesterstuk. Moenie op jou beperkte insigte staatmaak nie. Vertrou op sy eindelose wysheid. Steun op sy ewige liefde.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wat as jy geweet het hoe om 'n stewige huis te bou wat nie deur lewensstorme beskadig kon word nie? Wat as jou fondament so sterk was dat, al sou daar 'n aardbewing wees, jy NIE DAARDEUR GERAAK sou word nie? Pleister en verf hou nie baie lank nie. Ons kan nie vir altyd agter 'n masker skuil nie. Dit is hoog tyd dat ons toelaat dat Jesus ons sterk maak en in sy liefde anker.
More
Ons wil graag "Thrive Moms" bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief thrivemoms.com vir meer inligting