Om 'n Maria-hart in 'n Marta-Wêreld te HêVoorbeeld
Heilige Hernuwing
In die woonkamer. Dis waar dit alles begin. By sy voete. En ons is hernu.
Ons sien hierdie hernuwing in die voortdurende verhale van Maria en Marta in die evangelies. Marta stoot nie haar persoonlikheid opsy nie, gee nie haar stokperdjies op en verbrand nie haar kookboeke om Jesus te aanbid nie. Sy ontvang Jesus se teregwysing en leer dat daar 'n tyd vir werk is, asook 'n tyd vir aanbidding. Die Marta wat ons later in die evangelies sien (soos in Johannes 11) is nie meer wanhopig en liggeraak nie, maar vol geloof en vertroue.
Maria verander ook. Sy aanbid natuurlik deur haar nadenkende geaardheid, maar dit laat haar ook kwesbaar vir wanhoop, soos ons ook sien in Johannes 11. Wanneer 'n ramp toeslaan, is Maria se neiging om oorval te word met droefheid en lamgelaat met vrae. Wanneer sy besef dat Jesus se tyd min is, stel Maria dit wat sy in aanbidding geleer het in aksie. Sy tree vorentoe en gryp die geleentheid aan om beide pragtig en opofferend te dien.
Dit is wat ek in die Bybelse weergawe van die twee susters van Betanië sien. Twee totaal verskillende vroue ondergaan 'n hernuwing reg voor ons oë: 'n heilige hernuwing. Die vrymoedige word sagmoedig, die sagmoedige een moedig. Want dit is onmoontlik om in die teenwoordigheid van Jesus nie te verander nie.
Ek bid dat jy die Heilige Gees toegang sal gee tot al die verborge hoeke van jou lewe. Of jy geneig is om 'n bietjie gedrewe te wees, soos Marta, of meer nadenkend, soos Maria, God roep jou tot intimiteit met Hom deur Jesus Christus. Intimiteit wat ons so vul met sy liefde en sy natuur dat dit oorspoel na ons droë, dorstige wêreld in Kombuisdiens.
Die keuse wat Hy aan hierdie twee baie verskillende susters gebied het — en die hernuwing wat hulle ervaar het — is presies wat Hy ook aan elkeen van ons bied. Want Hy is 'n Verlosser wat ons aanvaar net soos ons is — Maria of Marta of 'n kombinasie van beide — maar ons te lief het om ons so te laat. Hy is die een wat vir ons 'n Maria-hart in 'n Marta-wêreld kan gee.
Hoe sal dit nou in jou lewe lyk om by Jesus se voete te sit? Wees spesifiek oor tyd en plek. Hou tye van die verlede in gedagte wanneer jy oomblikke van Woonkamer Intimiteit met God gehad het. Wat het gehelp om daardie tye te bevorder?
Ons vertrou hierdie leesplan het jou aangemoedig. Leer meer oor OM 'N MARIA-HART IN 'N MARTA WÊRELD TE HÊ deur Joanna Weaver.
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels voel ons asof ons nie genoeg doen nie. Dan voel ons skuldig omdat ons veronderstel is om ook stiltetyd met God te hê — wanneer ons dinge stadiger probeer doen, is ons harte en gedagtes steeds besig. Die verhaal van Maria en Marta bied vir ons leiding sowel as genade in hierdie spanning. Dit is 'n verhaal van twee susters. 'n verhaal vir elkeen van ons.
More