Om 'n Maria-hart in 'n Marta-Wêreld te HêVoorbeeld

Having A Mary Heart In A Martha World

DAG 4 VAN 5

Kom na My toe

Die verhaal van Maria en Marta beklemtoon die goeie nuus van God se genade pragtig: Verlossing gaan nie oor wat ek doen nie; dit gaan oor wat Jesus gedoen het. Die Kruis het meer gedoen as om vir my sondes te betaal; dit het my bevry van slawerny, van die “moet” en “as maar's” en “wat kon gewees het”. 

Omdat ons sy kinders is, sal Kombuisdiens die natuurlike gevolg wees van Woonkamer Intimiteit met God. Soos Jesus, moet alles van ons oor ons Vader se sake gaan. Hoe nader ons aan die hart van die Vader kom, hoe meer sien ons sy hart vir die wêreld. En so dien ons, bedien ons, en ons het lief, wetend dat wanneer ons dit aan “die geringstes van hierdie” doen, het ons dit aan Christus gedoen. 

Wanneer ons egter werk voor aanbidding plaas, sit ons die kar voor die perd. Die wa is belangrik; so is die perd. Maar die perd moet eerste kom, anders trek ons uiteindelik self die kar.

Gefrustreerd en moeg kan ons amper breek onder die druk van bediening, want daar is altyd iets wat gedoen moet word. Wanneer ons eers tyd in sy teenwoordigheid deurbring — wanneer ons tyd neem om sy stem te hoor — voorsien God die perdekrag wat ons nodig het om die swaarste vrag te trek. 

Jesus se woorde aan Marta is die woorde wat Hy tot jou en my hart wil spreek: “Marta, Marta jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig ..." 

Die “een ding” word nie gevind in meer doen nie.

Dit word gevind deur by sy voete te sit.

Die enigste vereiste vir 'n dieper vriendskap met God is om op te daag met 'n oop hart gereed om te ontvang. Jesus het gesê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (Matteus 11:28-29). 

In gehoorsaamheid aan sy uitnodiging vind ons die sleutel tot ons verlange, die geheim om verby die daaglikse druk wat ons andersins uitmekaar sou skeur te leef. Terwyl ons leer wat dit beteken om die Beter Deel van intimiteit met Christus te kies, verander ons. 

Wanneer het jy gesien hoe intimiteit met God lei tot dade van bediening, hetsy in jou lewe of in die lewe van iemand anders?

  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Having A Mary Heart In A Martha World

Dikwels voel ons asof ons nie genoeg doen nie. Dan voel ons skuldig omdat ons veronderstel is om ook stiltetyd met God te hê — wanneer ons dinge stadiger probeer doen, is ons harte en gedagtes steeds besig. Die verhaal van Maria en Marta bied vir ons leiding sowel as genade in hierdie spanning. Dit is 'n verhaal van twee susters. 'n verhaal vir elkeen van ons.

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/187666/having-a-mary-heart-in-a-martha-world-by-joanna-weaver/