Om 'n Maria-hart in 'n Marta-Wêreld te HêVoorbeeld
Wat Jesus Nie Gesê het Nie
Ek vind dit interessant, dat toe Jesus vir Marta tereggewys het, Hy nie gesê het: “Hoekom kan jy nie meer soos jou suster, Maria wees nie?” Hy het geweet Marta sou nooit Maria wees nie, en Maria sou nooit Marta wees nie. Maar toe die twee voor dieselfde keuse gestaan het — om te werk of om te aanbid — het Jesus gesê: “Maria het die beste deel gekies.”
Vir my impliseer dit dat die beter deel vir beide Maria en Marta beskikbaar was. Dit is beskikbaar vir elkeen van ons, ongeag ons gawe of persoonlikheid. Dit is 'n keuse wat ons elkeen kan maak.
Die Bybel is nie duidelik of dit Jesus se eerste besoek aan die huis in Betanië was nie. Wat ook al die geval is, dit is nie elke dag wat God jou huis besoek nie. Maria ignoreer dus tradisie, sy verbreek sosiale etiket, en sy beweeg nader. Dit maak nie saak dat sy dalk verkeerd verstaan word nie. Sy gee min om dat die dissipels haar vreemd aankyk. Iewers in die verte hoor sy haar naam, maar dit word verdoof deur die roep van haar Meester. Die roep om te kom. Die roep om te luister.
Teen hierdie Bethaniëse-agtergrond van onverwagte gaste, sien ek die stryd wat ek elke dag in die gesig staar wanneer werk en aanbidding bots. Deel van my is Maria. Ek wil in oordaad aanbid. Ek wil by sy voete sit. Maar 'n deel van my is Marta — en daar is net soveel om te doen! Hoe kies ons die beter deel en kry nog steeds klaar wat gedoen moet word?
Jesus is ons opperste voorbeeld. Hy was nooit haastig nie. Iemand het gesê dat Jesus van een plek van gebed tot 'n volgende gegaan het en wonderwerke tussendeur gedoen het. Hoe ongelooflik om so in pas met God te wees dat nie een aksie vermors word nie, nie een woord verlore gaan nie!
Dit is die intimiteit waartoe Jesus ons nooi om te deel. Hy nooi ons uit om Hom te ken, en so duidelik te sien dat wanneer ons na Hom kyk, ons ook die aangesig van God sien.
Net soos Hy Maria verwelkom het om aan sy voete in die sitkamer te sit, net soos Hy Marta genooi het om die kombuis vir 'n rukkie te verlaat en in die beter deel te deel, nooi Jesus ons om te kom.
Wanneer het jy gevoel dat Jesus jou roep om by sy voete te kom sit? Hoe het jy gereageer?
Aangaande hierdie leesplan
Dikwels voel ons asof ons nie genoeg doen nie. Dan voel ons skuldig omdat ons veronderstel is om ook stiltetyd met God te hê — wanneer ons dinge stadiger probeer doen, is ons harte en gedagtes steeds besig. Die verhaal van Maria en Marta bied vir ons leiding sowel as genade in hierdie spanning. Dit is 'n verhaal van twee susters. 'n verhaal vir elkeen van ons.
More