SAGARIA 2:4-5
SAGARIA 2:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Hardloop terug en gaan sê vir daardie jongman, Sagaria: Jerusalem sal nie mure hê nie, want daar sal te veel mense en diere in die stad wees. Maar die Here sal self die stad beskerm. Hy sal 'n muur van vuur wees rondom die stad, en 'n lig binne-in die stad.”
SAGARIA 2:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos 'n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in. En Ek sal vir hom wees, spreek die HERE, 'n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
SAGARIA 2:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir dié engel gesê: “Hardloop en sê vir daardie jongman: Jerusalem gaan 'n stad sonder mure word, so baie mense en diere gaan daar in hom wees. Die Here sê: Ek sal 'n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees.”
SAGARIA 2:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en vir hom sê: “Hardloop en sê vir daardie jong man, ‘Jerusalem sal soos 'n stad sonder mure wees omdat so baie mense en diere daar woon. Ek self sal 'n muur van vuur rondom Jerusalem wees, en Ek sal heerlikheid in hulle midde wees.’ Dit is die uitspraak van die HERE.”
SAGARIA 2:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Hardloop, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal bewoon word soos stede sonder mure vir die menigte van mense en vee daarin. Want Ek, spreek die HERE, sal vir haar 'n muur van vuur rondom wees en 'n heerlikheid in haar midde.
SAGARIA 2:4-5 Die Boodskap (DB)
Hy sê toe vir hom: “Hardloop gou en gaan sê vir die jongman met die maatband: Jerusalem gaan nog uit sy nate bars. Daar gaan so baie mense en diere wees dat hulle buite die stad sal moet bly.” Die Here sê: “Ek sal hulle beskerm. Ek sal vir hulle soos ’n muur van vuur wees wat om hulle gebou is. Binne-in die stad sal hulle weet dat Ek daar is. Hulle sal weet dat Ek groot en sterk is.”
SAGARIA 2:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees. Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die HERE. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”