ROMEINE 6:1-3
ROMEINE 6:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
ROMEINE 6:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ons sê ons moet aanhou sonde doen sodat God se genade meer kan word, is ons dan reg? Nee, nooit nie! Die sonde kan ons nie oorwin nie, ons is vir die sonde soos mense wat dood is. Daarom mag ons nie aanhou sonde doen nie. Julle moet dit weet: Ons is almal gedoop en ons behoort nou aan Christus Jesus. Hy het gesterf, en ons het saam met Hom gesterf.
ROMEINE 6:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
ROMEINE 6:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly voortleef, sodat die genade kan toeneem? Hoegenaamd nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog langer daarin bly leef? Of weet julle nie dat ons wat in •Christus Jesus in gedoop is, in sy dood in gedoop is nie?
ROMEINE 6:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat sal ons dan sê? Sal ons in sonde bly, sodat die genade oorvloedig kan word? God verbied. Hoe sal ons, wat vir die sonde dood is, nog langer daarin lewe? Weet julle nie dat so baie van ons wat in Jesus Christus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
ROMEINE 6:1-3 Die Boodskap (DB)
Moet ons dan aanhou sonde doen sodat God kan aanhou om ons vry te spreek? Nee, hoegenaamd nie! Die sonde het mos nie meer ’n houvas op ons nie. Ons is morsdood daarvoor. Julle onthou wat by die doop gebeur het, of hoe? Toe ons in die Naam van Christus Jesus gedoop is, het ons deel geword van alles wat met Hom by die kruis gebeur het, van sy dood af tot by sy opstanding.
ROMEINE 6:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Beteken dit nou dat ons in die sonde moet voortlewe sodat die genade steeds oorvloediger kan word? Hoegenaamd nie! Ons is immers dood vir die sonde. Dis tog onmoontlik dat ons nog langer daarin kan voortlewe! Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het?