DIE OPENBARING 14:14-15
DIE OPENBARING 14:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gekyk en gesien daar was 'n wit wolk, en op die wolk het Iemand gesit wat lyk soos die Seun van die mens! Hy het 'n goue kroon op sy kop gehad en in sy hand was 'n skerp sekel. Ek het 'n ander engel gesien. Hy het uit die tempel in die hemel gekom. Hy het hard geskree vir die Persoon wat op die wolk sit en gesê: “Dit is nou die tyd om die mense te straf! U moet hulle straf soos wanneer 'n mens koring afsny. U moet u sekel gebruik en begin afsny! Die oes op die aarde is ryp!”
DIE OPENBARING 14:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel. En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
DIE OPENBARING 14:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n wit wolk gesien. Op die wolk het daar Iemand soos die Seun van die mens gesit. Hy het 'n goue kroon op sy kop gehad en 'n skerp sekel in sy hand. 'n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes.”
DIE OPENBARING 14:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk, en op die wolk sit daar iemand net soos 'n •Seun van die Mens. Op sy kop het Hy 'n goue kroon, en in sy hand hou Hy 'n skerp sekel. 'n Ander engel het uit die tempel gekom, en met 'n harde stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die tyd om te oes, het aangebreek, en die aarde is ryp vir die oes.”
DIE OPENBARING 14:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het gesien, en daar was 'n wit wolk, en een het op die wolk gesit soos die Seun van die mens, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel. En 'n ander engel het uit die tempel uitgekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Steek jou sekel in en maai, want die tyd het aangebreek vir jou om te maai; want die oes van die aarde is ryp.
DIE OPENBARING 14:14-15 Die Boodskap (DB)
’n Spierwit wolk vang toe my oog. Op die wolk het Iemand gesit. Dit het gelyk soos die Seun van die mens. Hy het die goue kroon op sy kop gehad wat net wenners dra. In sy hand het Hy ’n sekel gehou waarmee mense gewoonlik ryp lande afgeoes het. Skielik het ’n ander engel sy opwagting gemaak. Die engel het uit die blyplek van God gekom en hard geskree vir die Man wat op die wolk sit om te hoor: “Steek u sekel in. Maak die oes bymekaar. Die oestyd is hier, want die oes op die aarde is ryp.”
DIE OPENBARING 14:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En kyk, ek het ’n wit wolk gesien. Op die wolk het Iemand soos die Seun van die Mens gesit. Hy het ’n goue kroon op sy kop gehad en ’n skerp sekel in sy hand. ’n Ander engel het uit die tempel te voorskyn gekom en met ’n kragtige stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die uur het aangebreek om te oes. Die oes van die aarde is ryp.”