PSALMS 69:20-21
PSALMS 69:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U ken self die bespotting, smaad en vernedering wat ek verduur; voor U staan al my teenstanders. Bespotting het my hart gebreek, ek is swak. Ek het medelye verwag, maar tevergeefs; mense om my te troos, maar ek kon niemand vind nie.
PSALMS 69:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
U ken die beledigings, die vernedering en die skande; U het al my vyande gesien. Hulle beledigings het my gebreek, en ek is radeloos. Ek het gesoek vir meegevoel, maar tevergeefs; vir ’n bemoediger, maar daar was niemand.
PSALMS 69:20-21 Bybel vir almal (ABA)
U self weet dat hulle my spot en my verneder en my beledig. U weet wie my vyande is. Hulle het aangehou om my te spot, ek voel stukkend en swak. Ek het gedink dat iemand jammer sal wees vir my, maar niemand was jammer nie. Ek het mense gesoek wat my wil help sodat dit beter kan gaan met my, maar ek het niemand gekry nie.
PSALMS 69:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ú ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U. Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
PSALMS 69:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
U weet hoe ek beledig en verkleineer is, hoe sleg ek daarvan afgekom het voor al my vyande. Beledigings het my gebreek, ek is gedaan. Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te troos, maar daar was nie een nie.
PSALMS 69:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die smaad het my hart gebreek; en ek was bedroef; en vir troosters, maar ek het niks gevind nie. Hulle het my ook gal vir my vleis gegee; en in my dors het hulle my asyn gegee om te drink.
PSALMS 69:20-21 Die Boodskap (DB)
Dis nie vir U ’n geheim dat hulle my beledig het en tot skande gemaak het nie. U weet wat my vyande met my gedoen het. Al die spot en vernedering breek my moed. Daar is geen krag meer in my oor nie. Ek het gewag dat iemand my hand moet kom vat. Maar niks het gebeur nie. Ek het gehoop dat mense my sal troos. Maar nie een het iets gedoen nie.