PSALMS 33:6-9
PSALMS 33:6-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê die lug en die sterre moet daar wees, en toe was hulle daar. Hy het die water van die see laat bymekaarkom soos in 'n dam, Hy het die diep water in stoorkamers gebêre. Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here, almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer, want wanneer Hy praat, dan gebeur dinge, wanneer Hy sê iets moet daar wees, dan is dit daar.
PSALMS 33:6-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.
PSALMS 33:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame. Hy het die seewater laat saamkom soos in 'n dam, die groot waters op een plek opgegaar. Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê, want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar.
PSALMS 33:6-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur die woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die asem van sy mond die hemel se hele leër. Hy hou die water van die see soos in 'n dam bymekaar; Hy gaar die •oerwaters op in voorraadkamers. Die hele aarde moet vir die HERE ontsag hê, Hom moet al die bewoners van die wêreld vrees; want Hy het gepraat, en dit was daar, Hy het beveel, en toe staan dit daar.
PSALMS 33:6-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur die woord van die HERE is die hemel gemaak; en hulle hele leër deur die asem van sy mond. Hy maak die waters van die see bymekaar soos 'n hoop; Hy bêre die diepte in voorraadkamers. Laat die hele aarde die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom ontsag hê. Want hy het gespreek, en dit het gebeur; het hy beveel, en dit het bly staan.
PSALMS 33:6-9 Die Boodskap (DB)
Deur net ’n woord te sê het die Here die blou hemelkoepel gemaak. Al die sterre, planete, mane en sonne het deur sy krag ontstaan. Toe het Hy al die watermassas van die see bymekaargemaak en op een plek bymekaargesit. Hy gaar al die waters op. Daarom moet alles en almal vir Hom respek hê. Elkeen in die wêreld moet eerbied vir God hê. As Hy praat, gebeur groot dinge. Hy gee net ’n bevel, dan verander sy woorde in dade.
PSALMS 33:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur die woord van die HERE is die hemele geskape; en deur sy woord al die hemelliggame. Hy stel grense vir die see, in die diepwaters versamel Hy hulle. Laat elkeen op die aarde die HERE dien. Laat die inwoners van die wêreld ontsag hê vir Hom. Want Hy het gepraat, en dit was daar; Hy het beveel, en dit was so.