PSALMS 119:1-176

PSALMS 119:1-176 Bybel vir almal (ABA)

Dit gaan goed met die mense wat heeltemal reg lewe, die mense wat lewe soos die Here vir hulle geleer het. Dit gaan goed met mense wat doen wat die Here sê en wat met hulle hele hart naby Hom wil wees. Hulle is ook mense wat nie verkeerde dinge doen nie en wat lewe soos die Here wil hê. U het self vir ons gesê wat ons moet doen, en ons moet dit presies so doen. Ek bid dat ek sal aanhou om te lewe soos u wette sê. Wanneer ek gehoorsaam is aan al u gebooie, dan sal ek altyd weet wat om te doen. Wat U besluit, is altyd reg. Wanneer ek dit geleer het, dan sal ek vir U dankie sê met my hele hart. Ek sal doen wat u wette sê, U moet my nie heeltemal alleen los nie. Wat moet jongmense doen sodat hulle kan weet hoe hulle moet lewe? Hulle moet doen wat U sê. Ek wil naby U wees met my hele hart, U moet keer dat ek nie ongehoorsaam is aan u gebooie nie. Ek dink altyd aan wat U gesê het, dit keer my dat ek nie sonde doen teen U nie. Here, ek prys U, U moet vir my leer wat u wette sê. Ek wil vir die mense alles sê wat U besluit het. Dit maak my bly om te lewe soos U sê, so bly soos wanneer 'n mens alles het wat hy nodig het. Ek sal dink aan wat U beveel het, ek sal goed luister na wat U wil hê. Ek sal altyd bly wees oor u wette, ek sal nie vergeet wat U gesê het nie. As U goed is vir my, u dienaar, dan sal ek lewe en ek sal doen wat U gesê het. U moet my oë oopmaak, sodat ek kan sien hoe wonderlik die dinge is wat U vir ons leer. Ek sal nie lank hier op die aarde wees nie, U moet vir my leer wat u gebooie sê. My hart is seer, want ek verlang altyd om te hoor wat U besluit het. U praat kwaai met die hoogmoedige mense, U het hulle vervloek. Hulle is die mense wat nie wil doen wat u gebooie sê nie. U moet keer dat mense my nie spot en verneder nie, want ek doen wat U sê. Ook wanneer belangrike mense saam planne maak teen my, dan sal ek, u dienaar, altyd aan u wette dink. Wat U sê, maak my bly, dit sê vir my wat ek moet doen. Wanneer dit sleg gaan met my, dan moet U my laat aanhou lewe, soos U gesê het. Toe ek vir U vertel het van my lewe, toe het U my geantwoord. U moet vir my leer wat u wette sê. U moet my help om te verstaan wat U beveel, sodat ek oor u wonderwerke kan dink. Ek smelt weg van die pyn, U moet my regop hou, soos U gesê het. U moet keer dat ek nie vals lewe nie, U moet genadig wees vir my en vir my leer. Ek het gekies om eerlik te lewe, ek het onthou wat U besluit het. Here, ek hou vas aan wat U sê, U moet my help om te weet wat ek moet doen. Ek wil graag lewe soos u gebooie sê, want U sal my help om dit te verstaan. U moet vir my leer wat u wette beteken, sodat ek altyd kan doen wat die wette sê. U moet my help om te verstaan, sodat ek kan doen wat U vir my leer en sodat ek daaraan gehoorsaam kan wees met my hele hart. U moet my laat lewe soos u gebooie sê, want dit is vir my lekker. U moet my help sodat ek graag sal wil doen wat U sê en nie sal kies om ryk te word nie. U moet my help sodat ek nie dinge wil hê wat niks beteken nie, U moet my laat lewe soos U wil hê. U moet vir my doen wat U belowe het, vir my, u dienaar, want U het dit belowe vir mense wat vir U dien. U moet keer dat mense my nie spot nie, ek is bang daarvoor, want wat U besluit, is goed. U moet dit weet, ek wil graag hoor wat U beveel, U sal reg doen en my laat aanhou lewe. Here, U moet vir my doen wat U belowe het, U moet my red, U het dit belowe. Dan sal ek die mense kan antwoord wat my spot, want ek glo dat U sal doen wat U gesê het. En U moet my help om altyd die waarheid te praat, want ek glo dat U sal doen wat U besluit het. En ek sal aanhou doen wat U vir my leer, altyd en altyd. En ek sal lewe soos 'n vry mens, want ek het probeer doen wat U beveel het. En ek sal vir konings vertel wat U sê, ek sal weet wat om te sê. Ek sal aanhou bly wees oor u gebooie, ek is lief vir hulle. Ek respekteer u gebooie, ek is lief vir hulle, ek sal aanhou dink oor u wette. U moenie vergeet wat U vir my gesê het nie, vir my, u dienaar. Dit het my laat hoop dat U my sal help. Toe dit sleg gegaan het met my, het u woorde dinge verander vir my, want die dinge wat U belowe het, het my laat aanhou lewe. Toe hoogmoedige mense my baie gespot het, het ek nie opgehou om te doen wat U vir my geleer het nie. Here, wanneer ek dink aan wat U lank gelede besluit het, dan voel ek beter. Die mense wat verkeerd doen, maak my kwaad, dit is húlle wat nie doen wat U vir ons geleer het nie. Ek sal sing oor u wette, so lank soos ek op hierdie aarde lewe. Here, ek dink ook in die nag aan u Naam, en ek doen wat U vir ons geleer het. Dit het met my gebeur omdat ek doen wat U beveel het. Here, ek het net vir U, ek het belowe dat ek sal doen wat U gesê het. Ek soebat en vra vir U met my hele hart, U moet genadig wees vir my, soos U belowe het. Wanneer ek dink aan hoe ek lewe, dan dink ek altyd weer aan wat U gesê het. Ek is haastig, ek wag nie, ek wil gehoorsaam wees aan u gebooie. Wanneer mense wat verkeerd doen, vir my in hulle vangnet wil vang, dan vergeet ek nie wat U vir ons geleer het nie. Ek staan in die middel van die nag op om vir U dankie te sê, want alles wat U besluit het, is reg. Ek is 'n vriend van al die mense wat vir U dien en wat doen wat U beveel. Here, U doen wat U belowe het, oral op die aarde, U moet vir my leer wat u wette sê. Here, U het goed gedoen aan my, u dienaar, dit is soos U gesê het. U moet vir my leer om te weet wat is reg en wat is verkeerd, want ek glo dat u gebooie reg is. Voordat dit met my so sleg gegaan het, het ek verkeerd gelewe, maar nou doen ek wat U sê. U is goed en U doen goed, U moet vir my leer wat u wette sê. Hoogmoedige mense lieg en hulle praat sleg van my, maar ek doen wat U beveel met my hele hart. Hulle wil nie verstaan wat U vir ons sê nie, maar ek geniet wat U vir ons leer. Dit was vir my goed dat U my laat swaarkry het, want so het ek geleer wat u wette sê. Die dinge wat U vir my leer, is beter as duisende stukke goud en silwer. Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe, U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken. Die mense wat vir U dien, sal na my kyk en hulle sal bly wees, want hulle sal sien ek glo dat U sal doen wat U gesê het. Here, ek weet dat U reg besluit, en dat U my laat swaarkry het omdat U gesê het U sal dit doen. U moet doen wat U belowe het, dit sal dinge beter maak vir my. U het dit vir my gesê, vir my, u dienaar. U moet jammer wees vir my sodat ek kan lewe, want ek geniet wat U vir my leer. U moet die hoogmoedige mense laat verloor, want hulle het vir my gelieg en hulle het my verlei. Ék wil dink aan wat U beveel het. U moet die mense wat vir U dien, na my toe laat kom, sodat hulle kan leer wat U gesê het. Ek wil heeltemal gehoorsaam wees aan u wette, sodat niemand my kan verneder nie. Ek wag en verlang daarna dat U my sal red, ek is seker dat U sal doen wat U gesê het. My oë is moeg, want ek hou aan om te kyk wanneer U dit weer goed sal laat gaan met my soos U belowe het. Ja, ek het geword soos 'n velsak wat in die rook hang, maar ek vergeet nie u wette nie. Ek is u dienaar. Hoe lank sal ek nog lewe? Wanneer straf U die mense wat my volg en jaag? Die hoogmoedige mense het gate gegrawe sodat ek daarin moet val, húlle is die mense wat nie doen wat U vir ons geleer het nie. Al u gebooie staan vas, dit verander nooit. Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar mense volg my en jaag my. U moet my help. Ek het gedoen wat U beveel het, maar hulle het my amper doodgemaak. U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het, sodat ek kan doen wat U sê. Here, die dinge wat U vir ons gesê het, is altyd waar, dit staan vas in die hemel, dit verander nooit. U bly dieselfde vir elke geslag. U het die aarde gesit waar dit is, en dit is nog altyd daar. Alles is vandag nog daar, soos U besluit het, want almal doen wat U sê. Ek het geniet wat U vir ons leer. As dit nie so was nie, dan het ek gesterf, want ek kry swaar. Ek sal nooit vergeet wat U beveel het nie, want U het my so laat lewe. Ek behoort aan U, en U moet my red, want ek probeer om te doen wat U beveel. Die mense wat verkeerd doen, is gereed om my dood te maak, maar ek dink net aan wat U gesê het. Ek het gesien dat niks vir altyd aanhou nie, alles het 'n einde, maar u gebooie is oral en altyd daar. Ek is baie lief vir die dinge wat U vir my leer, ek dink die hele dag daaroor. U gebooie gee vir my wysheid, meer wysheid as wat my vyande het, want ek onthou altyd u gebooie. Ek is verstandiger as almal wat vir my geleer het, want ek dink aan wat U gesê het. Ek is slimmer as mense wat ouer is as ek, want ek doen wat U beveel het. Ek doen niks wat verkeerd is nie, ek wil doen wat U gesê het. Ek hou aan om te doen wat U besluit, want U self leer vir my. Dit is lekker om te praat oor die dinge wat U belowe het, dit is lekkerder as heuning. Ek verstaan wat U beveel het, daarom haat ek alles wat vals is. Die dinge wat U vir ons gesê het, is vir my soos 'n lamp wanneer ek in die donker loop, dit wys vir my hoe ek moet lewe. Ek het belowe, en ek sal dit doen: Ek sal doen wat U besluit, want U besluit reg. Dit gaan baie baie sleg met my, U moet my laat aanhou lewe, soos U gesê het. Here, die dinge wat ek vir U sê, is offers wat ek graag vir U bring. U moet dit asseblief aanvaar en U moet vir my leer om te verstaan wat U besluit. Daar is altyd mense wat my wil doodmaak, maar ek vergeet nie wat U vir ons geleer het nie. Die mense wat verkeerd doen, wil my vang soos 'n mens voëls vang in 'n vangnet, maar ek hou aan om te doen wat U beveel. Ek wil altyd onthou wat U sê, want dit maak my baie bly. Ek het besluit om altyd te doen wat u wette sê, so lank soos ek lewe. Ek hou nie van mense wat skynheilig is nie, maar ek is lief vir wat U vir ons geleer het. By U is ek veilig, U beskerm my, ek weet U sal doen wat U gesê het. Slegte mense moenie naby my kom nie, sodat ek kan doen wat die gebooie van my God sê. U moet my regop hou, soos U belowe het, dan sal ek aanhou lewe, U moet my help, sodat ek kan aanhou hoop. Wanneer U my regop hou, dan is ek veilig en dan kyk ek altyd wat u wette sê. U hou nie van mense wat ongehoorsaam is aan u wette nie, want hulle is vals, hulle wil mense bedrieg. U los al die mense wat verkeerd doen, hulle is soos skuim wat niks beteken nie. Daarom is ek lief vir wat U sê. Ek is bang vir U, ek bewe, ek is bang vir wat U besluit. Ek het reg gedoen aan mense en ek het gelewe soos U wil hê. U moenie vir my los sodat mense my verdruk nie. U moet vir my, u dienaar, belowe dat U dit goed sal laat gaan met my. U moenie dat hoogmoedige mense my verdruk nie. My oë is moeg, want ek hou aan om te kyk wanneer U my sal red. Ek hou aan om te luister na wat U sê, want wat U sê, is reg. U moet vir my, u dienaar, doen wat U belowe het, U moet vir my leer wat u wette sê. Ek is u dienaar, U moet my verstandig maak sodat ek kan verstaan wat U sê. Here, U moet nou iets doen aan die mense wat nie doen wat U vir ons geleer het nie. Waarlik, ek is meer lief vir u gebooie as vir goud, ja, goeie goud. Waarlik, ek probeer altyd om alles te doen wat U beveel, ek hou nie van iets wat vals is nie. Wat U sê, is wonderlik, daarom doen ek wat U sê. Wanneer mense verstaan wat U gesê het, dan is dit vir hulle soos 'n lig, dit wys vir jongmense wat hulle moet doen. Ek is honger vir u gebooie, so honger soos 'n dier wat sy bek wyd oopmaak omdat hy honger is. U moet luister en genadig wees vir my, soos U altyd doen vir die mense wat lief is vir u Naam. U moet my help, sodat ek kan aanhou om te lewe soos U sê. U moenie dat sonde oor my regeer nie, nie een sonde nie. U moet keer, mense moenie vir my verdruk nie, dan sal ek kan doen wat U beveel. U moet naby my wees, naby my, u dienaar, en U moet vir my leer wat u wette sê. My trane loop soos strome water omdat mense nie doen wat U vir ons geleer het nie. Here, U doen reg, U besluit reg. Alles wat U gesê het, is reg, mense kan dit altyd glo. Ek word baie kwaad wanneer my vyande vergeet wat U gesê het. Die dinge wat U sê, is baie waar. Ek, u dienaar, is lief vir wat U sê. Ek is klein en onbelangrik maar ek het nie vergeet wat U beveel het nie. U doen reg en U sal altyd reg doen, die dinge wat U vir ons geleer het, bly dieselfde. Toe ek swaargekry het en toe dit sleg gegaan het met my, was dit vir my lekker om u gebooie te hou. Wat U sê, is altyd reg, U moet my help om dit te verstaan, sodat ek kan aanhou lewe. Here, ek roep en ek vra dat U my moet help, ek vra dit met my hele hart. U moet my antwoord, ek wil doen wat u wette sê. Ek roep en ek vra dat U my moet red, sodat ek kan doen wat U sê. Ek staan op voordat die son opkom en ek vra dat U my moet help, ek weet U sal doen wat U gesê het. Ek bly die hele nag wakker, sodat ek kan dink aan wat U belowe het. Here, U doen wat U belowe het en wat U besluit het. U moet luister na wat ek vra, U moet my laat aanhou lewe. Die mense is naby wat my volg en jaag om my seer te maak, maar hulle is ver van wat U vir ons geleer het. Here, U is naby en u gebooie verander nie. Ek weet van die begin af wat U gesê het, want u woorde bly altyd waar. U moet kyk hoe sleg dit met my gaan en U moet my red, want ek het nie vergeet wat U vir ons geleer het nie. U moet my help wanneer mense my beskuldig, U moet my vrymaak, soos U belowe het, U moet my laat aanhou lewe. U sal nie die mense red wat verkeerd lewe nie, want hulle probeer nie om te doen wat u wette sê nie. Here, U is baie genadig, U het so besluit, U moet my laat aanhou lewe. Daar is baie vyande wat my volg en jaag, maar ek hou aan om te doen wat U sê. Wanneer ek sien hoe ontrou mense is, dan wil ek naar word. Hulle is mense wat nie doen wat U sê nie. Here, U moet kyk hoe lief is ek vir wat U beveel, U moet my laat aanhou lewe, soos U belowe het. Alles wat U gesê het, bly dieselfde, alles wat U besluit, is altyd reg. Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar belangrike mense volg my en jaag my. Ek is nie bang vir hulle nie, ek is bang vir wat U gesê het. Ek is so bly oor wat U belowe het, so bly soos wanneer ek baie goed kry wat ek vir my kan vat. Ek haat dit wanneer mense vals is, ek hou niks daarvan nie. Ek is lief vir wat U vir ons geleer het. Ek prys U sewe maal elke dag omdat alles wat U besluit, reg is. Dit gaan baie goed met mense wat lief is vir wat U vir ons geleer het. Daar gebeur niks wat sleg is met hulle nie. Here, ek weet U sal my red en ek doen wat u gebooie sê. Ek hou aan om te doen wat U sê, ek is baie lief daarvoor. Ek hou aan om te doen wat U beveel en wat U sê, want U sien altyd hoe ek lewe. Here, U moet hoor wat ek bid, U moet my help om te verstaan wat U sê. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my red, soos U belowe het. Ek sal aanhou om U te prys, want U leer vir my u wette. Ek sal sing oor wat U belowe het, want al u gebooie is reg. U moet my help, want ek het gekies om te doen wat U beveel het. Here, ek verlang daarna dat U my moet red, ek geniet wat U vir ons geleer het. U moet my laat aanhou lewe, sodat ek U kan prys. Die dinge wat U besluit het, moet my help. Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie.

PSALMS 119:1-176 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

WELGELUKSALIG is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. Ú het u bevele gegee om dit trou te onderhou. Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou! Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie. Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer. Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge! Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond. Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom. Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar. Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie. My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur. U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal. Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar. Al sit vorste en beraadslaag teen my — u kneg oordink u insettinge. Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord. My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge! Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink. My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord. Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet. Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel. Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie! Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae. Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë. Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees. Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed. Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte, sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord. En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd, en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele. Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie. En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet, en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak. Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie. Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos. Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat. U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap. HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou. Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge. Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou. HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord. Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. U is goed en doen goed; leer my u insettinge. Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele. Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele. Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken. Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie. My siel smag na u heil; op u woord wag ek. My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos? Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie. Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers? Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie. Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my! Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie. Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan. Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte. As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak. Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele. Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse. Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig. Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele. Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar. Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer. Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond. Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou. Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord! Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge. My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie. Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie. Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart. Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief. U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek. Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar! Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie. Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let. U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens. U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief. My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie. My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid. Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken. Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek. Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle. Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig. Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek. Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet. Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou. Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge. My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge. In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou. My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het. U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief. Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie. U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid. Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging. U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is. U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie. Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte. Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie. HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge. My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie. Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid. Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind. Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief. Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge. Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. O HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie. My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief. Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U. O HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte. My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies. O HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

PSALMS 119:1-176 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen, geen onreg pleeg nie en in sy weë wandel. U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word. As ek tog maar net op 'n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou! As ek al u gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie. U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met 'n opregte hart. Ek sal my aan u voorskrifte hou: moet my tog nooit verlaat nie. Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie. Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U. Aan U kom die lof toe, Here, leer my u voorskrifte. Al u bepalings wil ek een vir een opnoem. Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld. U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie. Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe en u woord gehoorsaam. Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar. Hier op aarde is ek net op u beskerming aangewese: laat my tog nie sonder u gebooie wees nie. Ek kwyn weg van verlange na u bepalings. U straf die hovaardiges, die vervloektes wat van u gebooie afwyk. Keer tog dat ek nie beledig of gesmaad word nie, want ek kom u verordeninge na. Selfs al smee mense wat mag het, komplotte teen my, ek sal my hou aan wat U neergelê het. U verordeninge is my vreugde, hulle is my raadgewers. Ek verkeer in doodsgevaar, gee my nuwe lewe soos U in u woord beloof het. Ek het my lewensloop aan U bekend gemaak en U het my gebed verhoor; leer my u voorskrifte. Leer my hoe om u bevele uit te voer. Ek wil van u magtige dade vertel. Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het. Hou valsheid ver van my af, wees my genadig, leer my u wet. Ek kies die betroubare pad, ek lewe volgens u bepalings. Ek hou vas aan u verordeninge, Here, moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie. Ek is gretig om u gebooie te gehoorsaam, want U verryk my lewe. Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou. Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde. U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie. Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien. Die venyn van mense, daarvoor is ek bang, moenie dat dit my tref nie. Maar u bepalings, dié is goed. Ek wil u bevele nakom. Hou my in die lewe, want U is getrou. Bewys aan my u troue liefde, Here, red my volgens u belofte. Dan sal ek dié wat my vals beskuldig, kan antwoord, want ek vertrou op u woord. Weerhou my tog van alles wat onwaar is. In u bepalings stel ek my vertroue. Ek wil u wet my hele lewe lank onderhou. My lewe sal veilig wees, want ek vra steeds wat u bevele is. Selfs voor die hoogste gesag sal ek u verordeninge met vrymoedigheid aanhaal. In u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my verlustig. Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig. U voorskrifte sal my bybly. Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou. Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie. Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue. Ontsteltenis het my oorval oor die goddeloses wat u wet verontagsaam. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Selfs in die nag dink ek aan U, Here, en is ek gehoorsaam aan u wet. Om u bevele uit te voer, is vir my die lewe. Ek het gesê: “Dít is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.” Ek smeek U met my hele hart: “Wees my genadig, soos U beloof het. Ek het die koers van my lewe oordink en na u verordeninge teruggekeer. Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onderhou.” Die goddeloses wou my in hulle strikke kry, maar ek het u wet nie verontagsaam nie. Selfs in die middel van die nag staan ek op om U te loof vir u regverdige bepalings. Ek is 'n vriend van almal wat U dien en u bevele gehoorsaam. Die aarde is vol van u troue liefde, Here. Leer my u voorskrifte. U het aan my goed gedoen, Here, soos U beloof het. Gee my goeie insig en kennis, want ek stel my vertroue in u gebooie. Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord. U is goed en U doen goed; leer my u voorskrifte. Hovaardige mense beswadder my, maar ek voer u bevele uit met my hele hart. Hulle staan koud teenoor u wet, maar ék verlustig my daarin. Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer. U wet is vir my kosbaarder as 'n oorvloed van goud en silwer. Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek u gebooie kan verstaan. Dié wat U dien, is bly as hulle my sien, want ek vertrou op u woord. Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van u trou. Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde, soos U my beloof het. Ontferm U oor my, dat ek kan lewe, want ek verlustig my in u wet. Laat die hovaardige mense die slegste daarvan afkom, want hulle het my vals beskuldig; u bevele bly my altyd by. Laat dié wat U dien en u verordeninge ken, aan my kant wees. Laat my volledig by u voorskrifte bly, sodat ek nooit raad-op sal wees nie. Ek smag na u redding, ek vertrou op u woord. Ek sien verlangend uit na die vervulling van u belofte en vra: “Wanneer gee U tog vir my uitkoms?” Ek het verskrompel soos 'n velsak in die rook, maar u voorskrifte het ek nie verontagsaam nie. Hoe lank moet ek nog so lewe? Wanneer straf U my vervolgers? Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie, het vir my meer as een keer 'n gat gegrawe om in te val. Op al u gebooie kan ek my verlaat. Help my, want dié mense vervolg my sonder rede. Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn, maar u bevele het ek nie verontagsaam nie. Hou my in die lewe omdat U my liefhet, dan sal ek u onderwysing gehoorsaam. U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas. Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. As ek my nie in u wet verlustig het nie, het ek omgekom in my ellende. Ek sal u bevele nooit verontagsaam nie, want deur hulle het U my in die lewe gehou. Ek behoort aan U, red my, want ek vra steeds wat u bevele is. Al staan die goddeloses gereed om my te vernietig, u verordeninge sal ek in ag bly neem. Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie. Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, en is altyd by my. Ek munt uit bo al my leermeesters, want u verordeninge bly my by. Ek het meer insig as ouer mense, want ek gehoorsaam u bevele. Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord. Van u bepalings het ek nie afgewyk nie, want U het my dit geleer. Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad. U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ek het 'n eed afgelê, en daarby sal ek bly, om my aan u bepalings te hou; hulle is regverdig. Ek ly swaar, Here, hou my in die lewe, soos U beloof het. Neem tog my dank aan, Here. Leer my u bepalings. My lewe is gedurig in gevaar, maar u wet verontagsaam ek nie. Die goddeloses stel vir my 'n strik, maar van u bevele wyk ek nie af nie. U verordeninge maak ek altyd my eie, want hulle is vir my 'n vreugde. Ek lê my daarop toe om u voorskrifte altyd uit te voer, tot die einde toe. Ek haat huigelary, maar u wet het ek lief. By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue. Gaan weg van my af, julle wat onreg doen; ek sal aan die gebooie van my God gehoorsaam bly. Laat my vas staan soos U beloof het, dat ek kan lewe, dat ek nie teleurgestel sal wees in my verwagting nie. Beskerm my, dan sal ek behoue bly en u voorskrifte gedurig voor oë hou. U verwerp almal wat van u voorskrifte afdwaal; met hulle ontrou mislei hulle hulleself. U verwyder al die goddeloses van die aarde af soos waardelose skuim, daarom het ek u verordeninge lief. Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. Ek het gedoen wat reg en regverdig is, moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie. Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie. Ek smag na die bevryding wat U bring, na u woord wat my red. Handel met my volgens u troue liefde, leer my u voorskrifte. Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge. Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree. Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad. U verordeninge is wonderlik, daarom kom ek hulle na. Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is. Met my hele wese smag ek na u gebooie, verlang ek daarna. Sien my in genade aan soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet. Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie. Bevry my van veronregting deur mense. Ek wil u bevele gehoorsaam. Verskyn tog tot my redding, leer my u voorskrifte. My trane vloei sonder ophou omdat die mense u wet nie onderhou nie. U is regverdig, Here, wat U bepaal, is reg. In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig. Ontsteltenis verteer my omdat my teëstanders u woord verontagsaam. U woord is baie suiwer, ek het dit lief. Al is ek gering en verag, u bevele verontagsaam ek nie. U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig. U verordeninge is altyd regverdig; gee my insig daarin, dat ek kan lewe. Ek roep na U met my hele hart, verhoor tog my gebed, Here, ek wil u voorskrifte nakom. Ek roep na U, red my, ek wil u verordeninge gehoorsaam. In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u woord. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my. Laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas. Van lankal af weet ek van u verordeninge dat U hulle altyd vas laat staan. Aanskou tog my ellende en red my, want u wet het ek nie verontagsaam nie. Behartig tog my saak en bevry my, hou my in die lewe volgens u belofte. Vir die goddeloses is daar nie uitkoms nie, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. U barmhartigheid is groot, Here, laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Ek het baie vervolgers en teëstanders, maar van u verordeninge wyk ek nie af nie. Ek het die verraad van die ontroues gesien, en dit het my met walging vervul dat hulle u woord nie gehoorsaam nie. Neem tog in ag dat ek u bevele liefhet, Here, hou my in die lewe omdat U my liefhet. Op u woord kan 'n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas. Maghebbers vervolg my sonder oorsaak, maar u woord is die enigste wat ek vrees. Oor u woord is ek so bly soos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig. Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. Ek vestig my hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek. Ek kom u verordeninge na, ek het hulle baie lief. U bevele en verordeninge gehoorsaam ek. My hele lewe lê oop voor U. Gee tog ag op my geroep, Here, gee my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed, red my volgens u belofte. Die lof sal oor my lippe stroom, want U leer my u voorskrifte. Ek sal u woord besing, want al u gebooie is regverdig. Help my tog altyd, want ek stel u bevele eerste. Ek smag na u hulp, Here, in u wet vind ek my vreugde. Laat my lewe dat ek U kan loof, laat u bepalings my steun wees. As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.

PSALMS 119:1-176 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die HERE volg! Gelukkig is hulle wat hou by sy bepalings, wat Hom met hulle hele hart soek; wat ook nie onreg pleeg nie, maar net sy paaie volg! U het self u opdragte gegee, sodat mense dit noukeurig sal nakom. Ag, was my lewenspaaie maar standvastig, sodat ek u voorskrifte kon nakom. Dan sal ek nie beskaamd staan, terwyl ek op al u bevele let nie. Ek prys U met 'n opregte hart terwyl ek u regverdige beslissings bestudeer. U voorskrifte sal ek nakom; moet my tog nooit in die steek laat nie. Hoe sal 'n jongmens sy lewenspad suiwer hou? Deur te hou by u woord. Met my hele hart soek ek U; laat my tog nie afdwaal van u bevele nie. In my hart koester ek u woord, sodat ek nie teen U sondig nie. U moet geprys word, HERE! Leer my u voorskrifte! Met my lippe vertel ek van al die beslissings van u mond. Oor die pad van u bepalings is ek verheug soos oor enige rykdom. Oor u opdragte wil ek nadink; ek wil op u paaie let. In u voorskrifte vind ek vreugde; ek sal u woord nie vergeet nie. Wees goed vir u dienskneg, dan kan ek lewe en u woord nakom. Maak oop my oë, sodat ek die wonders uit u wet kan raaksien. Ek is 'n •vreemdeling op aarde; moet u bevele nie vir my verborge hou nie. My lewe kwyn die hele tyd weg van verlange na u beslissings. U bestraf vermeteles, die vervloektes, hulle wat van u bevele afdwaal. Verwyder bespotting en minagting van my, want by u bepalings hou ek. Selfs al sit leiers met mekaar en praat oor my – u dienskneg sal oor u voorskrifte bly nadink. Nog steeds is u bepalings my grootste vreugde; hulle is my raadgewers. My lewe kleef aan die stof; maak my weer lewend volgens u woord. Van my lewenspaaie het ek vertel, en U het my geantwoord; leer my u voorskrifte. Die pad van u opdragte – laat my dit verstaan, sodat ek oor u wonders kan nadink. My lewe vloei weg van verdriet; rig my op volgens u woord. Die pad van bedrog – neem dit van my weg; en u wet – gee dit genadiglik vir my. Die pad van eerlikheid het ek gekies; u beslissings hou ek voor oë. Ek hou aan u bepalings vas; HERE, laat my nie beskaamd staan nie. Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig. HERE, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde. Laat my hart na u bepalings neig, en nie na winsbejag nie. Wend my oë daarvan af om na nuttelose dinge te staar; hou my lewend op u paaie. Doen u woord gestand aan u dienskneg – u woord wat ontsag wek vir U. Neem die bespotting wat ek vrees van my weg, want u beslissings is goed. Kyk, ek verlang na u opdragte; hou my lewend deur u •geregtigheid. Laat u troue liefde my deel word, HERE, u verlossing volgens u woord, sodat ek my spotter kan antwoord; want ek vertrou op u woord. Moet tog nie u betroubare woord geheel en al uit my mond wegneem nie, want ek vestig my hoop op u beslissings. Ek wil u wet voortdurend nakom, vir altyd en ewig. Ek wil in hierdie wye ruimte voortbeweeg, want u opdragte ondersoek ek. Ek sal oor u bepalings voor konings praat sonder om my te skaam. Ek vind vreugde in u bevele wat ek liefhet; ek reik uit na u opdragte wat ek liefhet; ek dink na oor u voorskrifte. Dink aan u woord aan u dienskneg waarmee U aan my hoop gegee het. Dit is my vertroosting in my ellende, dat u belofte my lewend hou. Vermeteles het my tot die uiterste toe gespot, maar van u wet het ek nie weggedraai nie. Ek het u beslissings onthou, van lank gelede af, HERE, en ek was getroos. Woede het my beetgepak oor goddeloses – hulle wat u wet verlaat. Maar u voorskrifte was vir my liedere in 'n plek waar ek 'n vreemdeling was. Ek het u Naam in die nag onthou, HERE, en ek het u wet nagekom. Dit het deel geword van my – dat ek by u opdragte hou. U, HERE, is my deel, ek het onderneem om u woorde na te kom. Ek het met my hele hart u guns gesoek: Wees my genadig volgens u belofte. Ek het my paaie bedink en my voete teruggebring na u bepalings. Ek het my gehaas en nie getalm om u bevele na te kom nie. Die toue van goddeloses het my omstrengel, maar u wet het ek nie vergeet nie. In die middel van die nag staan ek op om U te prys oor u regverdige beslissings. Ek is 'n vriend van almal wat vir U ontsag het, en u opdragte nakom. HERE, u troue liefde vul die aarde; leer my u voorskrifte. U het goed gedoen aan u dienskneg, HERE, volgens u woord. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u bevele. Voordat ek swaar beproef is, was ek aan die dwaal, maar nou kom ek u woord na. U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte. Vermeteles het my met leuens beswadder; maar ek, met my hele hart hou ek by u opdragte. Hulle harte is so gevoelloos soos vet, maar ek vind vreugde in u wet. Dit is goed vir my dat ek verneder was, sodat ek u voorskrifte kon leer. Die onderrig uit u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. U hande het my gemaak, my gevestig; maak my verstandig, ek wil u bevele leer. Hulle wat vir U ontsag het, sien my en is bly, want op u woord wag ek. Ek weet, HERE, dat u beslissings regverdig is, en dat U my in getrouheid verneder het. Laat u troue liefde tog vir my tot troos wees volgens u woord aan u dienskneg. Laat u ontferming my deel word, sodat ek kan lewe; want u wet is my vreugde. Laat vermeteles beskaamd staan, want sonder rede veronreg hulle my; maar ek sal bly nadink oor u opdragte. Laat hulle wat vir U ontsag het, na my terugkeer, ja, hulle wat u bepalings ken. Laat my hart onberispelik aan u voorskrifte hou, sodat ek nie beskaamd staan nie. My •siel smag na u verlossing; op u woord wag ek. My oë smag na u belofte en vra: “Wanneer sal U my troos?” Want ek het geword soos 'n stuk vel vol rook, maar u voorskrifte het ek nie vergeet nie. Hoeveel dae is daar nog vir u dienskneg? Wanneer gaan u die oordeel voltrek oor my vervolgers? Vermeteles het vir my vangkuile gegrawe, hulle wat nie volgens u wet optree nie. Al u bevele is betroubaar, maar hulle vervolg my sonder rede. Help my! Byna het hulle my vernietig hier op aarde, maar ek, ek het u opdragte nie verontagsaam nie. Maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde, sodat ek die bepalings uit u mond kan nakom. Vir ewig, HERE, staan u woord vas in die hemel. Van geslag tot geslag duur u trou; U het die aarde gevestig en dit hou stand. Volgens u beslissings hou dit vandag nog stand, want alles is u diensknegte. As u wet nie my vreugde was nie, sou ek in my ellende vergaan het. Tot in ewigheid sal ek u opdragte nie vergeet nie, want daardeur het U my lewend gemaak. Aan U behoort ek; verlos my, want na u opdragte streef ek. Goddeloses wag my in om my te vernietig; op u bepalings slaan ek ag. Ek het gesien aan alle volmaaktheid kom daar 'n einde, maar u gebod is besonder ruim. Hoe lief het ek u wet – die hele dag dink ek daaroor na. U gebod maak my wyser as my vyande, want dit is altyd daar vir my. Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u bepalings is vir my stof tot nadenke. Ek het meer insig as oumense, want by u opdragte hou ek. Van elke slegte pad het ek my voete weerhou sodat ek u woord kon onderhou. Van u beslissings het ek nie afgewyk nie, want dit is U wat my onderrig. Hoe strelend is u woord vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond. Uit u opdragte kry ek insig; daarom haat ek elke bedrieglike pad. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my lewenspad. Ek het 'n eed afgelê – en daarby gehou – om u regverdige beslissings na te kom. Ek is baie terneergedruk; HERE, maak my lewend volgens u woord! Laat die vrywillige offers van my mond tog vir U aanvaarbaar wees, HERE, en leer my u beslissings. My lewe is voortdurend in my hande; maar u wet vergeet ek nie. Goddeloses het vir my 'n net gespan, maar van u opdragte het ek nie afgewyk nie. Ek het u bepalings as blywende erfporsie ontvang; ja, dit is die vreugde van my hart. Ek rig my hart daarop om u voorskrifte uit te voer – vir altyd, tot die einde toe. Dubbelhartige mense haat ek, maar u wet het ek lief. My skuilplek en my skild is U; op u woord vestig ek my hoop. Gaan weg van my, julle kwaaddoeners, sodat ek by die gebooie van my God kan hou. Ondersteun my, volgens u woord, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie. Onderskraag my, sodat ek verlos kan word; ek wil voortdurend aan u voorskrifte aandag gee. U verwerp almal wat dwaal, weg van u voorskrifte af; want hulle bedrog is misleidend. Soos metaalskuim verwyder U al die goddeloses van die aarde; daarom het ek u bepalings lief. My lyf bewe omdat U vrees inboesem; ja, vir u beslissings is ek vol ontsag. Ek doen wat billik en reg is; moet my nie aan my verdrukkers oorlaat nie. Waarborg die goeie vir u dienskneg; vermeteles moet my nie verdruk nie. My oë smag na u verlossing, na u belofte van •geregtigheid. Handel met u dienskneg volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. Ek is u dienskneg; gee aan my insig sodat ek u bepalings kan ken. Dit is tyd vir die HERE om op te tree – hulle maak u wet kragteloos. Daarom het ek u bevele lief, ja, meer as goud, as suiwer goud. Daarom volg ek alle opdragte oor alles; elke pad van bedrog haat ek. U bepalings is wonderlik; daarom hou ek daarby. As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges. Met 'n oop mond hyg ek, want ek hunker na u gebooie. Draai na my en wees my genadig, soos U gewoonlik maak met hulle wat u Naam liefhet. Maak my treë ferm met u woord en laat geen onreg oor my heers nie. Bevry my van onderdrukking deur mense, sodat ek u opdragte kan nakom. Laat die lig van u aangesig oor u dienskneg skyn, en leer my u voorskrifte. Strome water vloei uit my oë, omdat mense nie u wet nakom nie. Regverdig is U, HERE, en u beslissings is reg. U het in •geregtigheid u bepalings uitgevaardig, en in goeie trou. My ywer verteer my omdat my teenstanders u woorde vergeet. U woord is volkome gelouter en u dienskneg het dit lief. Ek is klein en word geminag, maar u opdragte vergeet ek nie. U geregtigheid is regverdig vir ewig en u wet is betroubaar. Benoudheid en angs het my oorval, maar u gebooie is my vreugde. U bepalings is regverdig vir ewig; gee my insig, sodat ek kan lewe. Ek roep met my hele hart: “Antwoord my, HERE, u voorskrifte wil ek onderhou!” Ek roep na U: “Verlos my sodat ek u bepalings kan nakom!” Voor die oggendskemer roep ek al om hulp; op u woorde wag ek. Met oop oë gaan ek elke nagwaak in, sodat ek oor u woord kan nadink. Luister tog in u troue liefde na my stem, HERE, hou my lewend volgens u beslissing. Mense wat slinkse planne najaag, kom nader; hulle bly ver van u wet. Maar U, HERE, is naby, en al u gebooie is betroubaar. Uit u bepalings weet ek lank reeds dat U dit vir ewig gevestig het. Sien tog my ellende raak en red my, want u wet vergeet ek nie. Behartig my regsaak en verlos my; hou my lewend op grond van u belofte. Verlossing bly ver van goddeloses, want hulle streef nie u voorskrifte na nie. U ontferming is groot, HERE; hou my lewend volgens u beslissings. My agtervolgers en teenstanders is baie, maar van u bepalings wyk ek nie af nie. Ek het ontroues gesien en dit het my met weersin vervul dat hulle u woord nie onderhou nie. Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, HERE, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde. Die wese van u woord is betroubaarheid, en elkeen van u regverdige beslissings is vir ewig. Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees. Ek verheug my oor u woord, soos iemand wat 'n groot buit gevind het. Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief. Sewe keer per dag loof ek U oor u regverdige beslissings. Groot vrede is daar vir hulle wat u wet liefhet; vir hulle is daar geen struikelblokke nie. Ek vestig my hoop op u verlossing, HERE, en ek voer u bevele uit. Ek kom u bepalings na; ja, ek het dit baie lief. Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U. Laat my klaagroep voor U kom, HERE; gee my insig ooreenkomstig u woord. Laat my smeekgebed U bereik, red my volgens u belofte. My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte. My tong besing u woord, want al u gebooie is regverdig. Laat u hand my te hulp kom, want ek verkies u opdragte. Ek verlang na u verlossing, HERE; u wet is my vreugde. Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help. Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.

PSALMS 119:1-176 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

ALEPH. Geseënd is die onbesmette op die weg, wat in die wet van die HERE wandel. Geseënd is die wat sy getuienisse bewaar en Hom met die hele hart soek. Hulle doen ook geen onreg nie; hulle wandel in sy weë. U het ons beveel om U bevele nougeset te onderhou. Ag, was my weë gelyk om u insettinge te onderhou! Dan sal ek my nie skaam as ek na al U gebooie ag gee nie. Ek sal U loof met opregtheid van hart as ek U regverdige verordeninge leer ken het. Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie heeltemal nie. BETH. Waarmee sal 'n jongman sy weg reinig? deur daarop ag te slaan volgens u woord. Met my hele hart het ek U gesoek; laat my nie van u gebooie afdwaal nie. Ek het u woord in my hart verberg, dat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, HERE, leer my u insettinge. Met my lippe het ek al die oordele van U mond verkondig. Ek het my verheug oor die weg van U getuienisse, soveel as oor alle rykdom. Ek sal U bevele oordink en U weë ag. Ek sal my verlustig in U insettinge; U woord sal ek nie vergeet nie. GIMEL. Handel goed met U dienaar, dat ek kan lewe en U woord bewaar. Open my oë, dat ek wonders uit U wet kan aanskou. Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg U gebooie nie vir my nie. My siel breek vanweë die verlange wat dit altyd na U oordele het. U het die hoogmoediges bestraf wat vervloek is, wat van U gebooie afdwaal. Verwyder smaad en veragting van my af; want ek het U getuienisse bewaar. Ook het vorste gesit en teen my gespreek, maar U dienaar het U insettinge oordink. U getuienisse is ook my verlustiging en my raadgewers. DALETH. My siel kleef aan die stof; maak my lewend volgens U woord. Ek het my weë bekend gemaak, en U het na my geluister; leer my u insettinge. Laat my die weg van U bevele verstaan; so sal ek van U wonders praat. My siel smelt van bedroefdheid; versterk my volgens U woord. Verwyder van my die weg van leuens, en gee my U wet genadiglik. Ek het die weg van die waarheid gekies, u oordele het ek voor my neergelê. Ek het vasgehou aan U getuienisse: o HERE, maak my nie beskaamd nie. Ek sal die weg van u gebooie loop as U my hart verruim. HY. Leer my, o HERE, die weg van U insettinge; en ek sal dit tot die einde toe bewaar. Gee my insig, en ek sal U wet onderhou; ja, ek sal dit met my hele hart onderhou. Laat my gaan op die pad van U gebooie; want daarin het ek 'n welbehae. Neig my hart tot U getuienisse en nie tot hebsug nie. Wend my oë af om nietigheid te aanskou; en maak my lewend op u weg. Bevestig U woord aan U dienaar, wat toegewyd is aan u vrees. Wend my smaad af wat ek vrees, want U oordele is goed. Kyk, ek verlang na U bevele; maak my lewend in U geregtigheid. VAU. Laat U barmhartighede ook oor my kom, o HERE, U heil volgens U woord. So sal ek hom wat my smaad, kan antwoord, want ek vertrou op U woord. En neem die woord van waarheid nie heeltemal uit my mond nie; want ek hoop op U oordele. So sal ek U wet gedurigdeur onderhou tot in alle ewigheid. En ek sal in vryheid wandel, want ek soek U bevele. Ek sal ook oor U getuienisse voor konings spreek en nie beskaamd staan nie. En ek sal my verlustig in U gebooie wat ek liefgehad het. Ek sal ook my hande ophef na U gebooie wat ek liefgehad het; en ek sal U insettinge oordink. ZAIN. Dink aan die woord aan u kneg waarop U my laat hoop het. Dit is my troos in my ellende, want u woord het my lewend gemaak. Die hoogmoediges het my baie bespot, maar ek het nie van U wet afgewyk nie. Ek het gedink aan U oordele van ouds, o HERE; en het myself getroos. Verskrikking het my aangegryp vanweë die goddeloses wat u wet versaak. U insettinge was my liedere in die huis van my pelgrimstog. Ek het in die nag aan U Naam gedink, o HERE, en U wet onderhou. Dit het ek gehad, omdat ekUu bevele onderhou het. CHETH. U is my deel, HERE, ek het gesê dat ek U woorde sal bewaar. Ek het u guns gesmeek met my hele hart; wees my genadig volgens U woord. Ek het gedink aan my weë en my voete teruggedraai na u getuienisse. Ek het my gehaas en nie versuim om U gebooie te onderhou nie. Die bendes van die goddelose het my beroof, maar ek het U wet nie vergeet nie. Teen middernag sal ek opstaan om U te loof ter wille van U regverdige oordele. Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat U bevele bewaar. Die aarde, HERE, is vol van u goedertierenheid; leer my U insettinge. TEDE. U het goed gehandel aan u kneg, HERE, volgens U woord. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek het u gebooie geglo. Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal, maar nou het ek U woord bewaar. Jy is goed en doen goed; leer my U insettinge. Die hoogmoediges het 'n leuen teen my gesmee, maar ek sal U bevele met my hele hart bewaar. Hulle hart is vet soos vet; maar ek het 'n welbehae in U wet. Dit is goed vir my dat ek verdruk is; dat ek U insettinge kan leer. Die wet van u mond is vir my beter as duisende goud en silwer. JOD. U hande het my gemaak en my gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie kan leer. Die wat U vrees, sal bly wees as hulle My sien; want ek het op uUwoord gehoop. Ek weet, HERE, dat u oordele reg is, en dat U my in trou verdruk het. Laat tog U goedertierenheid tot my vertroosting wees, volgens U woord aan U kneg. Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe, want U wet is my behae. Laat die hoogmoediges beskaamd staan; want hulle het my sonder oorsaak verkeerd gehandel, maar ek sal U bevele oordink. Laat die wat U vrees, hulle tot My bekeer en die wat U getuienisse ken. Laat my hart gesond wees in U insettinge; dat ek nie skaam nie. CAPH. My siel versmag vir U verlossing, maar ek hoop op U woord. My oë versaag vir U woord deur te sê: Wanneer sal U my troos? Want ek het geword soos 'n bottel in die rook; tog vergeet ek U insettinge nie. Hoeveel is die dae van U kneg? wanneer sal U oordeel aan die wat My vervolg? Die hoogmoediges het vir my kuile gegrawe wat nie volgens U wet is nie. Al U gebooie is getrou: hulle vervolg my onregmatig; help jy my. Hulle het my amper op aarde verteer; maar ek het U bevele nie verlaat nie. Maak my vinnig na U goedertierenheid; so sal ek die getuienis van jou mond bewaar. GELAAM. Vir ewig, o HERE, is U woord vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag: U het die aarde gegrond, en dit bly staan. Hulle bly vandag volgens U verordeninge, want almal is U dienaars. As U wet nie my behae was nie, sou ek dan in my ellende omgekom het. Ek sal U bevele nooit vergeet nie, want daarmee het U my lewend gemaak. Ek is joune, red my; want ek het U bevele gesoek. Die goddelose het gewag dat ek my vernietig, maar ek sal U getuienisse in ag neem. Ek het 'n einde van alle volmaaktheid gesien, maar U gebod is baie wyd. MEM. O, hoe het ek U wet lief! dit is my meditasie die hele dag. U het my deur U gebooie wyser gemaak as my vyande, want hulle is altyd by my. Ek het meer verstand as al my leraars, want U getuienisse is my oordenking. Ek verstaan meer as die oudstes, want ek bewaar U bevele. Ek het my voete van elke verkeerde weg teruggehou, om u woord te bewaar. Ek het nie van U oordele afgewyk nie, want U het my geleer. Hoe soet is U woorde na my smaak! ja, soeter as heuning vir my mond! Deur u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke bedrieglike weg. NUN. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. Ek het gesweer, en ek sal dit volbring, dat ek U regverdige verordeninge sal onderhou. Ek is baie verdruk; maak my lewend, HERE, volgens U woord. Aanvaar tog die vrywillige offers van my mond, o HERE, en leer my U oordele. My siel is altyddeur in my hand, maar ek vergeet U wet nie. Die goddelose het vir my 'n strik gelê, maar ek het nie van U bevele afgedwaal nie. U getuienisse het ek vir ewig as 'n erfdeel geneem, want dit is die vreugde van my hart. Ek het my hart geneig om U insettinge altyd te doen, tot die einde toe. SAMECH. Ek haat ydele gedagtes, maar U wet het ek lief. U is my skuilplek en my skild; ek hoop op U woord. Gaan weg van my af, julle kwaaddoeners, want ek sal die gebooie van my God bewaar. Ondersteun my volgens U woord, dat ek kan lewe, en laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie. Hou my op, en ek sal veilig wees, en ek sal U insettinge altyddeur ag slaan. U het almal vertrap wat van U insettinge afdwaal, want hulle bedrog is leuens. U vernietig al die goddeloses van die aarde soos skuim; daarom het ek U getuienisse lief. My vlees bewe van vrees vir jou; en ek is bang vir U oordele. AIN. Ek het reg en geregtigheid gedoen; laat my nie oor aan my verdrukkers nie. Sorg vir U dienaar ten goede; laat hoogmoediges my nie verdruk nie. My oë verswak vir U heil en na die woord van U geregtigheid. Handel met U kneg na U goedertierenheid, en leer my U insettinge. Ek is U dienaar; gee my insig, dat ek U getuienisse kan ken. Dit is tyd vir U, HERE, om te werk, want hulle het U wet tot niet gemaak. Daarom het ek U gebooie lief bo goud; ja, bo fyn goud. Daarom ag ek al u bevele aangaande alle dinge as reg; en ek haat elke valse manier. PE. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle. Die ingang van u woorde gee lig; dit gee verstand aan die eenvoudiges. Ek het my mond oopgemaak en hyg, want ek het verlang na U gebooie. Kyk na my en wees my genadig, soos jy gewoond was om te doen aan dié wat u Naam liefhet. Volg my voetstappe volgens U woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. Red my van die onderdrukking van mense, so sal ek U bevele bewaar. Laat U aangesig skyn oor u kneg; en leer my U insettinge. Waterstrome loop in my oë af, omdat hulle U wet nie onderhou nie. TZADDI. Regverdig is U, o HERE, en opreg is U oordele. Jou getuienisse wat jy beveel het, is regverdig en baie getrou. My ywer het my verteer, omdat my vyande U woorde vergeet het. U woord is baie rein; daarom het U kneg dit lief. Ek is klein en verag; tog vergeet ek U bevele nie. U geregtigheid is 'n ewige geregtigheid, en u wet is die waarheid. Benoudheid en benoudheid het my aangegryp, maar U gebooie is my behae. Die geregtigheid van U getuienisse is vir ewig; gee my insig, en ek sal lewe. KOPH. Ek het met my hele hart gehuil; luister na my, HERE, ek sal U insettinge onderhou. Ek het U aangeroep; red my, en ek sal U getuienisse bewaar. Ek het die aanbreek van die môre verhinder en uitgeroep: Ek het op u woord gehoop. My oë keer die nagwaak, dat ek u woord kan oordink. Hoor my stem na U goedertierenheid: o HERE, maak my lewend volgens U oordeel. Hulle kom nader wat onheil volg: hulle is ver van u wet af. U is naby, HERE; en al U gebooie is waarheid. Aangaande u getuienisse het ek van ouds af geweet dat U dit vir altyd gegrond het. RESH. Let op my ellende en red my, want ek vergeet U wet nie. Bepleit my saak en red my; maak my lewend volgens U woord. Die verlossing is ver van die goddelose, want hulle soek U insettinge nie. Groot is U barmhartighede, o HERE; maak my lewend volgens U verordeninge. Baie is my vervolgers en my vyande; tog wyk ek nie af van U getuienisse nie. Ek het die oortreders gesien en was bedroef; omdat hulle U woord nie bewaar het nie. Let op hoe ek U bevele liefhet: maak my lewend, HERE, volgens U goedertierenheid. U woord is van die begin af waar, en elkeen van u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. SCHIN. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart is ontsag vir U woord. Ek is bly oor U woord, soos iemand wat groot buit kry. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Sewe maal per dag loof ek U ter wille van U regverdige oordele. Groot vrede het die wat u wet liefhet, en niks sal hulle aanstoot gee nie. HERE, ek het op U verlossing gehoop en U gebooie gedoen. My siel het U getuienisse bewaar; en ek is baie lief vir hulle. Ek het u bevele en U getuienisse onderhou, want al my weë is voor U aangesig. TAU. Laat my hulpgeroep voor U aangesig nader kom, HERE; gee my insig volgens U woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u woord. My lippe sal lof uitspreek as U my U insettinge leer. My tong sal van U woord spreek, want al u gebooie is geregtigheid. Laat U hand my help; want ek het U bevele uitverkies. Ek verlang na U heil, o HERE; en U wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, en dit sal U loof; en laat U oordele my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek U dienaar; want ek vergeet U gebooie nie.

PSALMS 119:1-176 Die Boodskap (DB)

God hou baie van jou as jy presies doen wat Hy in die Bybel sê. God hou baie van jou as jy sy woorde diep in jou hart bêre en elke dag jou bes doen om Hom gelukkig te maak, ook as jy nie agter al wat sonde is, aanhardloop nie, maar alles doen wat Hy vir jou sê. God, U sê presies vir my hoe ek moet leef. Hoe wens ek nie dat ek elke oomblik kan doen wat U vra nie. Dan sal ek nie so skaam kry as ek lelike dinge doen nie. Here, diep uit my hart wil ek vir U sê dat U baie goed is; ek leer elke dag so baie oor U. Ek loof U. Ek sal alles doen wat U vir my sê. Moet my asseblief nooit alleen laat nie! Hoe kan ’n jongmens leef soos U wil hê? As hy alles doen wat U sê. Ek het net een doel: om U gelukkig te maak! Help my dat ek alles sal doen wat U wil hê. Moet asseblief nie dat ek u wonderlike pad misloop en begin sonde doen nie. U Woord is diep in die brandkluis van my hart weggebêre. Dit keer dat ek dinge doen waarvan U niks hou nie. Here, U is so wonderlik! Leer my hoe om alles te doen wat U van my vra. Ek sal alles oorvertel wat ek by U leer. Elke voorskrif wat van U af kom, maak my lewe vol blydskap; dit is baie meer werd as ’n groot sak vol geld. Ek sit ure aanmekaar en dink hoe ek U bly kan maak. U voorskrifte oor hoe ek moet leef, maak my baie opgewonde. Ek sal nie ’n enkele woord daarvan vergeet nie. Wees asseblief elke dag goed vir my, dan leef ek regtig! Dan sal ek nie ’n enkele sekonde van u pad afdwaal nie. Maak my oë oop sodat ek kan sien hoe wonderlik alles is wat U sê. Ek is glad nie belangrik nie; mense loop maklik bo-oor my. Dus kan ek dit nie bekostig om ’n enkele oomblik sonder U te leef nie. My enigste wens is om te doen wat U vra. U hou niks van mense wat nie doen wat U sê nie, U gooi hulle eenkant toe; vir altyd! Moenie dat slegte mense my onderstebo loop nie. Onthou tog dat ek u Woord in my hart gebêre het. Mense wil my tot ’n val bring, maar onthou asseblief hoe lief ek u Woord het. U Woord maak my lewe vol blydskap; dit wys my hoe om elke dag te leef. My lewe is nie veel werd nie. Gee asseblief vir my nuwe lewe; daardie soort lewe wat U in die Bybel beloof. Ek het vir U kom vertel hoe swaar dit met my gaan. U het geluister en my gehelp; leer my nou om te doen wat U sê. Leer my om die volle rykdom van u voorskrifte goed te verstaan. Ek wil heeltyd daaroor dink. My lewe is vol bekommernis. Help my tog om u hand styf vas te hou. En gee vir my krag. Keer dat ek leuens vertel en op ’n oneerlike manier leef. Skryf u wet diep in my hart. Doen goed aan my. Ek het gekies om op u pad te stap, dis die pad na die lewe toe. U voorskrifte is soos padwysers; dit wys my hoe om te leef. Here, ek hou vas aan elke woord wat U sê. Moenie dat ek U ooit in die steek laat nie. Ek is gretig om elke dag op u pad te stap, want U maak my lewe vol met u goedheid. Here, wys my wat U van my verwag, dan sal ek tot aan die einde van my lewe net doen wat U vra. Verander my manier van dink; maak my gedagtes vol met u wet! Dan sal ek heeltyd doen wat U sê. Laat my elke dag op die pad loop wat U voorskryf, want dit maak my baie gelukkig. Help my om net aan U te dink sodat ek nie agter geld aanhardloop nie. Keer dat ek na dinge kyk waarvan U niks hou nie. Om te leef soos U wil hê; dis al wat ek vra! Maak dit wat U in die Bybel aan u kinders beloof waar in my lewe. Keer tog dat mense lelike dinge vir my sê. Mense kan so venynig wees. Laat my net daardie dinge hoor wat U wil hê ek moet doen. Daar’s net een begeerte in my hart: om te doen wat U sê. Beskerm my, want U doen wat U belowe. Here, wys asseblief vir my hoe goed U is, soos U beloof het. Dan sal ek nie bang wees vir almal wat met my spot nie, want ek hou net vas aan wat U sê. Help my om net die waarheid te praat. Dag en nag luister ek fyn na u stem. My hele lewe lank wil ek net doen wat U in u wet vir ons sê. Met groot blydskap wil ek in die oop ruimte van u liefde en voorskrifte stap. Voor belangrike mense wil ek oor U praat sonder om skaam te wees. Ek is so lief vir u Woord. Ek is bly daaroor. Om al u voorskrifte te hou maak my baie bly. Ek kan nie genoeg vir U sê hoe gelukkig dit my maak om te doen wat U sê nie, ek dink heeltyd daaraan. Onthou asseblief tog al die dinge wat U vir my, u dienaar, gesê het; ek hou met my hele lewe daaraan vas. In slegte tye hou u beloftes my aan die gang. Selfs al spot slegte mense met my, hou ek nie op om te doen wat U sê nie. Dit wat U lank terug al gesê het, bly heeltyd in my gedagtes, dit gee my moed vir elke dag. Ek word baie kwaad as ek sien dat slegte mense hulle nie aan u Woord steur nie. U woorde is soos die mooiste musiek in my ore, al kry ek baie swaar. Tot in die nag dink ek aan U, doen ek net wat U sê. Om te doen wat U van my vra is my hele lewe! U is al wat vir my saak maak. Daarom doen ek net wat U vra. Met alles in my pleit ek by U: moenie u rug vir my keer nie. Doen goed aan my soos U belowe het. Ek het goed gaan kyk na my eie lewe, dis een groot deurmekaarspul; toe het ek besluit om dadelik terug te keer na U. Nou doen ek my bes om aan U gehoorsaam te wees. Selfs slegte mense het my laat probeer val, maar hulle kon my nie van u Woord af wegtrek nie. In die middel van die nag staan ek op om te bid, dan loof ek U omdat U so groot en goed is. My vriende is ook mense wat vir U respek het en doen wat U sê. Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. U doen goeie dinge vir my, presies soos U beloof het. Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. U is die Bron van alles wat goed is, U doen net goeie dinge. Leer my om u Woord te gehoorsaam. Slegte mense sê lelike dinge oor my, maar ek kyk net na U. Ek doen met alles in my wat U vir my sê om te doen. Hulle gee niks vir u wet om nie, maar vir my is dit die lewe. My swaarkry het my geleer om mooi na U te luister. U wet is vir my baie meer werd as ’n myn vol goud. U het my met u eie hande gemaak. Maak my kop nou ook vol met u wysheid sodat ek mooi verstaan wat U vra. As ander gelowiges sien hoe ek aan U vashou, maak dit hulle baie bly. Ek vertrou op wat U sê. As daar een ding is wat ek weet, Here, is dit dat u bevele ’n mens help om reg op te tree. Partykeer stuur U probleme na my toe, net om te sien of ek nog aan U vashou. Vandag het ek u liefde bitter nodig! Help my, soos U belowe het. Kry my asseblief jammer, kom hou my styf vas, dan sal ek weer voluit lewe! Ek stap elke dag op die pad wat U in u wet vir my wys. Laat daardie spul wat so baie van hulleself dink, daar sleg van afkom. Hulle vertel ’n klomp leuens oor my. Gelukkig weet U dis nie waar nie, ek doen net wat U sê. Gee tog dat ander gelowiges wat U dien en doen wat U sê ook by my sal staan. Laat my elke dag net doen wat U sê, dan sal ek nooit moedeloos word nie. Hoe verlang ek nie daarna om u hand op my skouer te voel nie; ek wag heeldag op u troos. Ek sien uit na die dag wat U u belofte waar maak. Elke dag vra ek: “Hoe lank nog voordat U my kom help?” Ek kry baie swaar, dit voel of my lewe in die vuur lê en brand. Tog vergeet ek nie om te doen wat U vra nie. Hoe lank sal hierdie swaarkry nog aanhou? Wanneer klim U ’n slag in onder almal wat dit vir my so moeilik maak? Daardie slegte spul wat nie na U luister nie, probeer my vernietig. Ek is onskuldig; ek doen net wat U sê. Help my, Here, want ek word vervolg sonder dat ek dit verdien. Slegte mense het my amper doodgemaak, maar ek hou aan om na U te luister. U is so goed vir my; daarom vra ek: Laat my lewe sodat ek kan aanhou doen wat U sê. Here, alles wat U sê, gebeur presies net so in die hemel: altyd. U goedheid raak nooit uit die mode nie. U het net ’n woord gesê, toe staan die aarde daar! Alles wat U gemaak het, bestaan tot vandag toe. Alles buig voor U. As u Woord vir my nie soveel blydskap gebring het nie, het ek al lankal moed opgegee. So lank as wat ek leef, sal ek u voorskrifte in my hart bêre, want hulle het my lewe gered. Ek is U s’n, van kop tot tone. Red my, want ek wil elke dag agter U aanstap. Slegte mense staan reg om my dood te maak, maar ek doen net wat U sê. Alles wat mense doen, hoe goed dit ook al is, is vol foute, maar dit wat U in die wet sê, is foutloos; dit hou vir altyd! Ek kan nie vir U sê hoe lief ek vir al u voorskrifte is nie! Ek dink dag en nag daaroor. Dit gee my ’n groot voorsprong bo al my vyande, niemand kan ooit my kennis van u Woord wegvat nie. Ek weet baie meer oor U as hulle wat my van U geleer het, want u Woord is my hele lewe. Ek is verstandiger as al die ou mense omdat ek u Woord in my hart wegbêre. Ek systap die sonde omdat ek graag wil doen wat U sê. Afdraaipaaie ken ek nie, want U het my geleer hoe om te leef. Daar’s niks beter as u Woord nie, dit is soeter as die soetste heuning. U voorskrifte het my geleer hoe om die lewe te bemeester; daarom haat ek leuens. U Woord wys my presies hoe ek moet leef, soos ’n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap. Ek het U belowe dat ek net sal doen wat U sê, ek sal nooit teruggaan op my beloftes nie. Wat u sê, is reg. Here, dit gaan nou baie sleg met my. Kom help my tog, soos U belowe het. Hoor hoe ek U loof en prys. Leer my wat reg en verkeerd is. My lewe is in gevaar, maar ek vergeet nie wat U in die wet sê nie. Slegte mense wil my laat afdwaal van u pad af, maar ek wyk nie ’n sentimeter daarvan af nie. U voorskrifte is myne, vir altyd, hulle maak my lewe tot oorlopens toe vol met blydskap. Met my hele lewe wil ek net doen wat U sê, elke dag, van nou af tot die einde toe. Ek hou niks van skynheiliges nie, maar ek het u wet baie lief. By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op. Ek wag op u Woord om my sterk te maak. Julle spul slegte mense moet dadelik padgee sodat ek kan doen wat my God sê. Here, hou my hand styf vas soos U beloof het, dan sal ek voluit lewe. Moenie my teleurstel nie, kyk dan net hoe glo ek in U. Hou my regop, dan is alles in orde, dan sal ek doen wat U sê. U hou niks van mense wat nie na U luister nie. Hulle praat ’n spul leuens. U vee goddelose mense van die aarde af soos ’n klomp rommel; daarom is ek so lief vir u Woord. Ek het baie groot respek vir U. Dit wat U doen, vul my met ontsag. Ek het nog altyd gedoen wat reg is, moenie dat my vyande my beetkry nie. Kies asseblief my kant, goeie God, moenie dat mense wat te veel van hulleself dink, my uitbuit nie. Ek sien baie uit na die dag dat U my kom help, ek hou vas aan u belofte dat U net doen wat reg is. Tree asseblief in liefde teenoor my op, wys my hoe ek moet lewe. Onthou, ek is u dienskneg, wys my wat dit presies beteken sodat ek kan doen wat reg is. Here, vat daardie spul vas wat u wet oortree. Ek het u voorskrifte met my hele lewe lief, dit beteken meer vir my as al die goud in die wêreld. Daarom doen ek alles wat U sê tot in die fynste besonderhede. Maar verkeerde dinge, dit haat ek. Wat U sê, is wonderlik; daarom bêre ek dit diep in my hart weg. Wanneer u Woord vir mense oopgaan, word hulle hele lewe verlig, dit vul gewone mense met wysheid. Alles in my smag na U, sê my tog hoe ek moet lewe. Sien my raak, wees goed vir my, soos U maak met almal wat U liefhet. Maak elke tree wat ek gee, ’n tree op die regte pad. Moenie dat lelike dinge ooit in my lewe wen nie. Pas my op wanneer ander mense my kwaad wil aandoen, sodat ek net kan doen wat U sê. Wees asseblief vriendelik met my, leer my mooi wat ek moet doen. Dag en nag huil ek omdat mense nie presies doen wat U sê nie. Here, U is altyd reg; U doen heeltyd die regte dinge. U sê presies vir ons hoe ons moet leef. Ek is baie omgekrap omdat my vyande nie na U wil luister nie. U Woord is al deur baie mense uitgetoets: dit slaag elke keer! Daarom het ek u Woord so lief. Ek is maar ’n onbelangrike klein mensie, tog vergeet ek nooit wat U sê nie. U doen altyd die regte dinge, tot in ewigheid! U wet is altyd waar. Al kom ek vragte vol probleme teë, nogtans geniet ek dit om u voorskrifte te lees en daaroor na te dink. U voorskrifte is vir altyd waar en reg, leer my om dit te verstaan sodat ek ’n slag regtig kan lewe. Ek roep so hard as wat ek kan: “Here, verhoor my!” Ek wil u voorskrifte in die Bybel doen. Ek het voor U kom staan en uitgeroep: “Red my!” sodat ek u voorskrifte kan hou. Nog voordat die son in die oggend opkom, pleit ek al dat U my moet help, ek wag dat U my moet antwoord. In die nag slaap ek nie, my oë is wawyd oop; dit is net op U gerig. Ek dink die hele tyd aan alles wat U sê. Hoor tog as ek so bid, want U is ’n baie goeie God. Here, laat my weer voluit leef! Mense wat vieslike dinge doen, kruip al nader en nader, hulle loop al verder en verder van u wet af weg. Here, U is altyd baie naby, boonop is alles wat U sê, die waarheid. Ek weet al lankal dat dit wat U sê, vir altyd bly bestaan. Kyk ’n slag hoe sleg dit met my gaan en help my, want ek vergeet nie ’n enkele dag wat U sê nie. Kies asseblief my kant en help my uit hierdie gemors uit; laat ek weer die lewe geniet, soos U belowe het. Goddelose mense staan g’n kans om ooit gered te word nie, want hulle steur hulle nie aan wat U sê nie. Gelukkig hou u goedheid nooit op nie, Here, dit hou net aan en aan. Daarom pleit ek by U om nuwe lewe. ’n Hele klomp slegte mense is agter my bloed aan, maar gelukkig stap ek op u pad. Mense wat nie doen wat U sê nie se leefstyl maak my siek; dit is verskriklik dat hulle die rug vir U draai. Kyk na my! Sien tog raak dat ek elke woord van U liefhet. Here, hou asseblief aan om vir my goed te wees. Hou my aan die lewe omdat U so ’n goeie God is. Alles wat U sê, is die waarheid, elke woord daarvan! Dit sal vir altyd en altyd die waarheid bly. ’n Klomp belangrike mense vervolg my, al is ek onskuldig, maar dit vat nooit my respek vir u Woord weg nie. My hart loop oor van opgewondenheid oor elke woord wat U sê, dit is die grootste skat wat ek nog ooit in my lewe gevind het. Ek haat leuens, maar u wet, dit het ek lief met alles binne-in my. Ek kan U nie genoeg loof nie, elke kans wat ek kry, gebruik ek om vir U te sê dat alles wat U doen, reg en goed is. Almal wat u wet liefhet, leef reg, hulle val nie oor die sonde nie. Here, ek hou u hand styf vas; ek wag dat U my kom help, ek doen net wat U sê. Alles wat U sê, word in my hart weggebêre, ek doen dit alles; ek is lief vir elke voorskrif uit u mond! Kyk net: ek gehoorsaam alles wat U sê en luister na u raad, my lewe is soos ’n oop boek voor U. Here, luister tog as ek smeek dat U my moet help, leer my om te verstaan wat U in die Bybel van my vra. Gee aandag aan my nood; moenie dit ignoreer nie! Red my soos U belowe het. Lof sal dan oor my lippe spoel, want U leer my hoe om te leef. Ek sal heeltyd sing oor u Woord, want alles wat U sê, is reg en goed. Hou my vas, want ek wil net doen wat U sê. Here, ek het nie genoeg woorde om vir U te sê hoe ek na u hulp smag nie, u wet bring soveel blydskap in my lewe. Maak my van binne af nuut, dan sal ek u Naam heeltyd loof. Maak my sterk om te doen wat U sê. As ek soos ’n skaap is wat verdwaal het, kom haal my asseblief! Ek sal u stem dadelik herken, want ek vergeet nooit een van u woorde nie.

PSALMS 119:1-176 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Geseënd is hulle wat opreg lewe, wat leef volgens die gebooie van die HERE. Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien, nie onreg pleeg nie en op sy paaie wandel. U het ons opdrag gegee om u bevele noukeurig te onderhou. Mag my optrede voortdurend weerspieël dat ek u voorskrifte wil nakom. Dan sal ek nie tot skande kom as ek maar net my oë op al u gebooie hou nie. Wanneer ek u regverdige bepalings bestudeer, wil ek U dank met ’n opregte hart. U voorskrifte sal ek nakom; moet my net nie verlaat nie! Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, o HERE; leer my u voorskrifte. Die bepalings van u mond het ek met my lippe bekendgemaak. In u voorwaardes het ek my verlustig soos ’n mens bly is oor rykdom. Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. Ek sal my verbly in u voorskrifte en u woord nie vergeet nie. Wees goed vir u dienaar sodat ek mag lewe en u woord gehoorsaam. Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. Al is ek net ’n vreemdeling op aarde, moenie u gebooie van my weghou nie. Ek word voortdurend verteer deur ’n begeerte na u bepalings. U bestraf trotsaards en vervloektes wat afdwaal van u gebooie. Weer smaad en belediging van my, want ek gehoorsaam u waarskuwings. Al sit en praat heersers saam teen my, sal ek u voorskrifte oordink. U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad. Ek lê in die stof, op pad na die graf; laat my herlewe volgens u woord. My optrede het ek bekendgemaak, en U het geantwoord. Leer my nou u voorskrifte. Leer my verstaan die betekenis van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink. Ek huil van droefheid; versterk my soos U in u woord beloof. Bewaar my van leuenagtige weë; leer my in genade u gebooie. Ek het die betroubare pad gekies; ek lewe volgens u bepalings. Ek hou vas aan u voorwaardes, HERE. Moenie dat ek in skande kom nie! Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed. Leer my, HERE, hoe om u voorskrifte uit te voer sodat ek hulle tot die einde toe kan nakom. Gee vir my insig dat ek kan leef volgens u gebooie, en dit van harte gehoorsaam. Laat my wandel volgens u gebooie, want dis waarin ek vreugde vind. Laat my verlang na wat U vereis; verhoed dat ek materialisties word. Weerhou my van waardelose dinge; laat my lewe volgens u voorskrifte. Bevestig opnuut aan my u belofte, wat bedoel is vir hulle wat U dien. Neem weg die smaad wat ek vrees, want u bepalings is goed. Ek verlang van harte na u bevele. Laat my lewe deur u geregtigheid. HERE, laat u troue liefde my oordek, die redding wat U my belowe het. Dan kan ek my spotters antwoord, want ek vertrou op u woord. Laat ek tog altyd die waarheid praat, want ek hoop op u geregtigheid. Ek sal u gebooie gehoorsaam so lank as wat ek lewe. Ek sal in vryheid kan lewe, want ek soek u bevele. Voor konings sal ek praat oor u verordeninge, sonder om skaam te wees. Ek verlustig my in u gebooie wat ek baie liefhet. Met eerbied lig ek my hande op vir u gebooie wat ek liefhet. Ek dink na oor u voorskrifte. Onthou die beloftes aan u dienaar, want U het my laat hoop. U belofte laat my weer lewe, dit vertroos my in al my ellende. Die hoogmoediges minag my op groot skaal; tog wyk ek nie af van u gebooie nie. Ek onthou u bepalings van ouds; dit vertroos my, HERE. Ek is baie ontsteld oor die goddeloses, hulle wat u gebooie verwerp. U voorskrifte is vir my ’n lied tydens my aardse vreemdelingskap. In die nag dink ek aan U, HERE, en sal u gebooie gehoorsaam. Dit is soos ek gedoen het, want ek het u bepalings gehoorsaam. HERE, ek behoort aan U! Ek sê ek wil u woord gehoorsaam. Met my hele hart soek ek U. Wees genadig soos U beloof het. Ek het my lewenspad oordink en het teruggedraai om volgens u voorwaardes te lewe. Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam. Bande van bose mense verstrik my, maar ek vergeet nie u gebooie nie. Middernag staan ek op om U te dank vir u regverdige bepalings. Ek is ’n vriend vir almal wat U dien, vir elkeen wat u bevele gehoorsaam. HERE, die aarde is vol van u trou; leer my tog u voorskrifte. U het aan my goedgedoen, HERE, net soos U belowe het. Leer my goeie oordeel en kennis, want ek vertrou op u gebooie. Voor ek gely het, het ek telkens afgedwaal, maar nou leef ek volgens u woord. U is goed en doen net wat goed is; leer my u voorskrifte. Verwaande mense het leuens oor my verkondig, maar ek sal u bevele met my hele hart uitleef. Hulle harte is afgestomp en koud, maar ek verlustig my in u gebooie. Die lyding was goed vir my, want toe het ek u voorskrifte geleer. Die gebooie uit u mond is vir my meer waardevol as baie goud en silwer. U hande het my gemaak, my gevorm. Gee my tog insig om u gebooie te verstaan. U dienaars sal my sien en bly wees, want op u woord hoop ek. Ek weet, HERE, u bepalings is reg; op grond van u trou bestraf U my. Laat u troue liefde my nou vertroos soos U aan u dienaar beloof het. Laat u medelye my oordek sodat ek kan lewe, want u gebooie is my vreugde. Laat die verwaandes in skande kom omdat hulle my vals beskuldig; maar ek sal u bevele oordink. Laat u dienaars terugkom na my toe, hulle wat u voorskrifte ken. Mag ek onberispelik wees in die uitleef van u gebooie; dan hoef ek nooit beskaam te wees nie. Ek verlang na u redding; ek vertrou op u woord. Ek ooreis my oë om te sien wanneer u beloftes waar word, en vra: “Wanneer sal U my vertroos?” Ek het verskrompel soos ’n wynsak in rook, maar ek vergeet nie u voorskrifte nie. Hoe lank moet u dienaar wag? Wanneer straf U my agtervolgers? Hierdie verwaande mense wat nie leef volgens u gebooie nie, het vir my vanggate gegrawe. Al u gebooie is betroubaar. Help my, want hulle vervolg my sonder rede. Hulle het my byna van die aarde af laat verdwyn, maar ek het geweier om af te sien van u bevele. Op grond van u troue liefde, spaar tog my lewe sodat ek kan voortgaan om u waarskuwings te gehoorsaam. U woord, HERE, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. U bepalings is vandag nog waar, want al hierdie dinge is u dienaars. As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. Ek behoort aan U; red my tog! Want ek vra na u bevele. Bose mense wag my in om my dood te maak, maar ek neem u waarskuwings in ag. Selfs volmaaktheid het sy perke, maar u gebooie ken geen grense nie. Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, want dit is gedurig by my. Ek het meer insig as my leermeesters, want ek oordink u waarskuwings. Ek het meer begrip as ouer mense, want ek lewe volgens u bevele. Verkeerde paaie het ek vermy, sodat ek u woord kan gehoorsaam. Ek het nie afgewyk van u bepalings nie, want U het my dit geleer. Hoe aangenaam is u woorde vir my; dis soeter as heuning in my mond. Deur u bevele kry ek insig; daarom haat ek elke valse pad. U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. Ek het reeds belowe, en ek bevestig: u regverdige bepalings sal ek gehoorsaam. Ek het baie swaargekry, HERE. Vernuwe my lewe volgens u woord. HERE, aanvaar die offers van my mond, en leer my u bepalings. My lewe is gedurig in die weegskaal, maar u gebooie sal ek nie vergeet nie. Die goddeloses stel vir my ’n strik; tog sal ek van u bevele nie afdwaal nie. U verbondsbepalings is my erfdeel vir altyd; dit is die vreugde van my hart. Ek wil leef volgens u voorskrifte, vir altyd, tot die einde toe. Ek haat besluitelose mense, maar u gebooie het ek lief. U is my toevlug en beskermer; ek vertrou op u woord. Gaan weg van my, kwaaddoeners, want ek gehoorsaam die gebooie van my God. Hou my staande soos U beloof het sodat ek kan lewe. Laat my nie beskaam wees in my hoop nie. Ondersteun my en ek sal gered word; ek sal u voorskrifte altyd eerbiedig. U verwerp almal wat van u voorskrifte afwyk. Hulle ontrou lei tot selfbedrog. Al die bose mense van die aarde is soos skuim wat U afskep; daarom het ek u waarskuwings lief. Ek bewe van vrees vir U; ek vrees u oordeel. Moenie my oorlaat aan die genade van my vyande nie, ek het gedoen wat reg en regverdig is. Beloof tog dat dit goed sal gaan met u dienaar. Moenie dat verwaande mense my verdruk nie. Ek ooreis my oë om u redding te sien en u woord van geregtigheid. Behandel u dienaar volgens u troue liefde, en leer my u voorskrifte. Ek is u dienaar; gee my die vermoë om te onderskei sodat ek u voorwaardes kan verstaan. Dis tyd dat U optree, HERE, want hulle het u gebooie oortree. Daarom is ek lief vir u opdragte, meer as goud, selfs die fynste goud. Omdat elkeen van u bevele reg is, haat ek elke verkeerde pad. U voorwaardes is wonderlik; daarom gehoorsaam ek hulle. Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. My mond is oop en ek snak na asem, want ek verlang na u gebooie. Kyk tog na my in u genade, soos U doen vir almal wat u Naam liefhet. Rig my treë deur u woord sodat boosheid my nie oorval nie. Red my van menslike verdrukking sodat ek u bevele kan gehoorsaam. Laat u guns oor u dienaar skyn; leer my al u voorskrifte. Trane vloei in strome oor my wange omdat mense u gebooie minag. HERE, U is regverdig, en u oordele is reg. U vereistes is regverdig; dit is baie betroubaar. My ontsteltenis oorweldig my, want my vyande verontagsaam u woorde. U beloftes is deeglik beproef; u dienaar het dit lief. Al is ek gering en verag, ek misken nie u bevele nie. U regverdigheid duur vir altyd, en u gebooie is betroubaar. Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. U vereistes is altyd regverdig; gee my insig sodat ek kan lewe. Ek roep tot U met my hele hart; antwoord my tog, HERE! U voorskrifte sal ek gehoorsaam. Ek roep na U: Red my, en ek sal u vereistes gehoorsaam. Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord. Die hele nag lê ek wakker om u woord te oordink. Luister na my roepstem, HERE, op grond van u troue liefde. Laat my lewe op grond van u regverdigheid. Sluwe vervolgers kom al nader, maar lewe ver van u gebooie af. Maar U is naby, HERE, en al u gebooie is betroubaar. Van lankal af het ek geweet dat u eise nooit verander nie. Kyk tog na my lyding en red my; u gebooie het ek tog nie vergeet nie. Behartig tog my saak en bevry my! Laat ek lewe soos U beloof het. Bose mense is ver van redding, want hulle steur hulle nie aan u voorskrifte nie. Groot is u barmhartigheid, HERE! Hou my lewe in stand volgens u bepalings. My vervolgers en vyande is talryk; tog wyk ek nie af van u eise nie. Ek kyk met afkeer na die ontroues, want hulle misken u woord. Sien raak dat ek u bevele liefhet, HERE. Laat my lewe op grond van u liefde. Alles wat U sê, is betroubaar; u regverdige bepalings is vir altyd. Heersers vervolg my sonder oorsaak, maar al wat ek vrees, is u woord. Ek verheug my in u woord soos iemand wat ’n groot skat ontdek. Alle valsheid haat en verafsku ek, maar u gebooie het ek lief. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is. Hulle wat u gebooie liefhet, het groot sekuriteit en niks sal hulle laat struikel nie. Ek sien uit na u redding, HERE; daarom voer ek u gebooie uit. Ek het u eise gehoorsaam, en het dit baie lief. Ek gehoorsaam u bevele en eise, want U weet van alles wat ek doen. HERE, luister na my geroep; gee vir my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed; red my soos U beloof het. Laat my lippe uitbreek met lof, want U het my u voorskrifte geleer. Laat my tong sing oor u woord, want u bepalings is regverdig. Mag U gereed wees om my te help, want u bevele het ek eerste gestel. HERE, ek het verlang na u redding, en u gebooie is my vreugde. Laat my lewe sodat ek U kan prys, en mag u bepalings my ondersteun. Soos ’n verlore skaap het ek gedwaal; kom en soek my tog, want u gebooie het ek nie vergeet nie.

PSALMS 119:1-176

PSALMS 119:1-176 AFR83PSALMS 119:1-176 AFR83PSALMS 119:1-176 AFR83