MATTEUS 10:2-3
MATTEUS 10:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Hier is die name van die twaalf apostels: Simon, sy ander naam was Petrus, en sy broer Andreas, Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes, Filippus en Bartolomeus, Tomas en Matteus die tollenaar, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus
MATTEUS 10:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer; Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs
MATTEUS 10:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus
MATTEUS 10:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die twaalf •apostels se name was: eerstens Simon, wat bekend staan as •Petrus, en sy broer Andreas; Jakobus, seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Thomas en Matteus die •tollenaar; Jakobus, seun van Alfeus, en Taddeus
MATTEUS 10:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die name van die twaalf apostels is dit; Die eerste, Simon, wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedeüs, en Johannes, sy broer; Filippus en Bartolomeus; Thomas en Matteus, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alfeus, en Lebbaeus, wie se van Thaddeus was
MATTEUS 10:2-3 Die Boodskap (DB)
Hulle was: Simon (Petrus was sy ander naam); Andreas (hy was Simon se broer); die twee broers Jakobus en Johannes (Sebedeus was hulle pa); dan was daar ook Filippus, Bartolomeus en Tomas; Matteus (die een wat Jesus by die tolhuis ontmoet het) en Jakobus (Alfeus was sy pa); Taddeus
MATTEUS 10:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hier volg die name van die twaalf apostels: eerstens Simon (ook bekend as Petrus), en Andreas (sy broer), vervolgens Jakobus (die seun van Sebedeus) en Johannes (sy broer), Filippus en Bartolomeus, Tomas en Matteus (die tollenaar), Jakobus (die seun van Alfeus) en Taddeus