JESAJA 32:16-19
JESAJA 32:16-19 Bybel vir almal (ABA)
In die woestyn en tussen die vrugtebome sal die mense reg doen en hulle sal regverdig wees. Hulle sal altyd rus en vrede hê omdat hulle reg sal doen aan mekaar. Die Here sê sy volk sal woon in plekke waar daar vrede is. Hulle sal veilig wees en hulle sal oor niks bekommerd wees nie. Hael sal die bosse stukkend slaan en die mure van die stede sal omval.
JESAJA 32:16-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord. En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus. Maar dit sal hael as die bos inmekaarstort en die stad wegsak in die laagte.
JESAJA 32:16-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar in woestyn en in vrugteboord sal reg geskied en reg gedoen word. Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet. My volk sal in rustige velde woon, in veilige wonings, op plekke waar daar rus is en geen sorge nie. Al slaan hael die bosse weg, al word die stad met die grond gelyk gemaak
JESAJA 32:16-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal die reg in die woesteny tuis wees, en geregtigheid sal in die vrugteboord woon. Die uitwerking van geregtigheid sal vrede wees, die uitkoms van geregtigheid kalmte en vertroue vir altyd. My volk sal in 'n tuiste van vrede woon, in veilige woonplekke, in ongestoorde rusplekke. Dit sal hael wanneer die bos platgeslaan word, wanneer die stad in vernedering neersink.
JESAJA 32:16-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan sal reg in die woestyn woon, en geregtigheid bly in die vrugteland. En die werk van geregtigheid sal vrede wees; en die uitwerking van geregtigheid stilte en sekerheid tot in ewigheid. En my volk sal woon in 'n rustige woning en in veilige wonings en in stille rusplekke; Wanneer dit hael, afdaal op die bos; en die stad sal laag wees op 'n lae plek.
JESAJA 32:16-19 Die Boodskap (DB)
Dan sal daar oral in die land reg en geregtigheid wees. Dit sal die oorsaak wees dat daar vrede in die land is en almal sal vir altyd rus en veiligheid kan geniet. My volk sal rustig en sonder bekommernisse in hulle huise kan bly. Hulle sal veilig en onbesorg wees. Maar eers sal die vyand verwoes word soos wanneer hael die bosse tref en hulle hoofstad sal met die grond gelykgemaak word.
JESAJA 32:16-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Regverdigheid sal in die woestyn heers, en geregtigheid in die vrugbare veld. Reg sal veroorsaak dat daar vrede sal wees. En geregtigheid sal veroorsaak dat almal rustig en veilig sal bly. My volk sal veilig bly, rustig in hulle huise. Hulle sal vrede hê. Ook al vernietig hael die woud en word die stad platgevee