HEBREËRS 4:2-3
HEBREËRS 4:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Want ons het ook die goeie boodskap gehoor soos daardie mense wat uit Egipte gekom het, dit gehoor het. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gehelp nie omdat hulle nie geglo het nie. Want ons wat glo, gaan in die land in waar ons veilig kan woon en kan rus. Die Here het gesê: Ek was kwaad en Ek het gesê: So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie. God het dit nie gesê omdat Hy nie vir hulle rus kan gee nie. God kan vir mense rus gee, Hy rus self vandat Hy die wêreld gemaak het.
HEBREËRS 4:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
HEBREËRS 4:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie. Ons wat glo, gaan wel in die rus in, maar hulle nie, soos God gesê het: “Toe het Ek in my toorn 'n eed afgelê: In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.” En tog was sy werk ná die skepping van die wêreld reeds afgehandel
HEBREËRS 4:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want net soos aan hulle, is die goeie boodskap ook aan ons verkondig. Maar die boodskap wat hulle gehoor het, het hulle nie gebaat nie, omdat hulle nie deur die geloof verenig is met dié wat dit wel gelowig aangehoor het nie. Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers wel die rus in – soos Hy gesê het, “So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ” al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel.
HEBREËRS 4:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want aan ons is die evangelie verkondig, sowel as aan hulle; Want ons wat geglo het, gaan in die rus in, soos Hy gesê het: Soos Ek in my toorn gesweer het, as hulle in my rus sal ingaan, al is die werke volbring van die grondlegging van die wêreld af.
HEBREËRS 4:2-3 Die Boodskap (DB)
Ons het ook die boodskap van God se redding gehoor, net soos die Israeliete van ouds. Hulle het hulle egter nie daaraan gesteur nie, en daarom was dit niks vir hulle werd nie. Hulle het dit gehoor, maar wou dit nie glo nie. Dit is net ons wat op God vertrou en sy boodskap glo wat eendag vir ewig saam met God sal rus. God self het mos gesê: “Dit het My kwaad gemaak en daarom het Ek gesê: ‘Hulle sal nooit voel hoe dit is om vir ewig saam met My te rus nie.’ En Ek sal nooit van plan verander nie.” Hierdie plek waar ons vir ewig saam met God sal rus, is lankal klaar, want alles wat God gedoen het, het Hy klaargemaak toe Hy die wêreld gemaak het.
HEBREËRS 4:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want hierdie blye boodskap van ’n plek van rus het ons ook ontvang, net soos hulle. Dit het hulle egter niks gebaat nie omdat hulle die boodskap wat hulle gehoor het, nie geglo het nie. Want net as ons glo, kan ons die rus binnegaan. Ten opsigte van hulle wat nie geglo het nie, het God egter gesê: “Daarom het Ek in my toorn met ’n eed soos volg verklaar: ‘Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.’” Dit is ten spyte van die feit dat God se rusplek alreeds gereed staan van die skepping van die wêreld af.