GENESIS 49:29-31
GENESIS 49:29-31 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het vir sy seuns gesê: “Wanneer ek sterf, dan moet julle my gaan begrawe by my voorvaders in die grot op die grond wat aan Efron die Hetiet behoort het. Die grot en grond van Makpela is naby Mamre in Kanaän. Dit is die grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, gekoop het om daar 'n graf te hê. Abraham se familie het hom en sy vrou Sara daar begrawe, en ook vir Isak en sy vrou Rebekka, en vir Lea.
GENESIS 49:29-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is; in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het. Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe
GENESIS 49:29-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakob het vir sy kinders gesê: “Wanneer ek sterf, moet julle my gaan begrawe in die familiegraf, in die grot op die grond van die Hetiet Efron. Dit is die Makpelagrot teenoor Mamre in Kanaän. Abraham het die stuk grond by die Hetiet Efron gekoop om 'n begraafplek te hê. Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe, Isak en sy vrou Rebekka is daar begrawe, en daar het ek vir Lea begrawe.
GENESIS 49:29-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakob het vir hulle sy laaste opdragte gegee. Hy het vir hulle gesê: “Ek gaan met my mense verenig word. Begrawe my by my voorouers in die grot op die stuk grond van Efron, die Hetiet, in die grot wat op die stuk grond by Magpela is, oos van Mamre, in die land Kanaän. Abraham het die stuk grond by Efron, die Hetiet, as eiendom gekoop vir 'n begraafplek. Daar het hulle Abraham en sy vrou Sara begrawe. Daar het hulle Isak en sy vrou Rebekka begrawe. En daar het ek Lea begrawe.
GENESIS 49:29-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hulle bevel gegee en vir hulle gesê: Ek moet by my volk versamel word; begrawe my by my vaders in die spelonk wat in die veld van Efron, die Hetiet, is, In die spelonk wat in die veld van Magpela is, wat voor Mamre lê, in die land Kanaän, wat Abraham saam met die stuk grond van Efron, die Hetiet, gekoop het as 'n besitting van 'n graf. Daar het hulle Abraham en Sara, sy vrou, begrawe; daar het hulle Isak en sy vrou Rebekka begrawe; en daar het ek Lea begrawe.
GENESIS 49:29-31 Die Boodskap (DB)
Jakob het vir oulaas met al die seuns gepraat. “Ek is besig om te sterf,” het hy gesê. “As ek dood is, moet julle my by my mense in die familiegraf by Magpela, net oos van Mamre in die land Kanaän begrawe. Abraham het dit destyds van Efron, die Hetiet, gekoop omdat hy dit as ’n begraafplek wou gebruik het. “Abraham is daar begrawe en ook sy vrou Sara. Isak en sy vrou, Rebekka, lê ook daar en dit is ook die plek waar ek Lea begrawe het.
GENESIS 49:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jakob het hulle opdrag gegee: “Ek gaan binnekort sterf. Begrawe my by my pa en oupa in die grot wat op die grond van Efron die Hetiet is. Dit is die grot van Makpela, naby Mamre in Kanaän, wat Abraham van Efron die Hetiet as ’n permanente begraafplek gekoop het. Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe. Daar is ook Isak en sy vrou Rebekka begrawe. En daar het ek vir Lea begrawe.