DANIËL 1:12-16
DANIËL 1:12-16 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Toets asseblief ons plan tien dae lank. Gee vir ons groente om te eet en water om te drink. Dan kyk jy hoe lyk ons en hoe lyk die seuns wat die koning se kos geëet het. Dan kan jy besluit wat jy met ons wil doen.” Die amptenaar het gedoen wat Daniël en sy vriende gevra het. Hy het hulle tien dae lank so getoets. Toe die tien dae verby was, het hulle beter en vetter gelyk as al die seuns wat die koning se kos geëet het. Toe het die amptenaar nie weer vir hulle van die koning se kos en wyn gegee nie. Hy het vir hulle net groente gegee.
DANIËL 1:12-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink; laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees. Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel. En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het. So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.
DANIËL 1:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maak asseblief tien dae lank 'n proefneming met ons en laat hulle vir ons net groente gee om te eet en water om te drink. Vergelyk dan ons voorkoms met dié van die jongmanne wat van die koning se kos eet, en handel dan met ons na bevind van sake.” Die amptenaar het toe hulle versoek toegestaan en tien dae lank 'n proefneming met hulle gemaak. Ná tien dae het hulle mooier en gesonder daar uitgesien as die jongmanne wat van die koning se kos geëet het. Toe het die amptenaar die koning se kos en wyn vir goed van hulle af weggehou en vir hulle net groente gegee.
DANIËL 1:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Toets asseblief u dienaars tien dae lank. Hulle moet ons van die groente gee, sodat ons dit eet, en water, sodat ons dit drink. Laat dan in u teenwoordigheid ons voorkoms en die voorkoms van die ander jong seuns wat die koning se kos eet, nagegaan word. Handel dan met u dienaars volgens wat u sien.” Hy het na hulle geluister wat hierdie saak betref, en hulle tien dae lank getoets. Aan die einde van die tien dae was hulle voorkoms beter en het hulle liggame voller vertoon as al die jong seuns wat die koning se kos bly eet het. Die oppasser het toe hulle kos en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en vir hulle groente bly gee.
DANIËL 1:12-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Beproef u dienaars tog tien dae; en laat hulle ons polsslag gee om te eet en water om te drink. Laat dan ons aangesig voor jou aangesig word en die aangesig van die kinders wat van die deel van die koning se spys eet, en handel met jou dienaars soos jy sien. Hy het toe met hulle ingestem in hierdie saak en hulle tien dae lank getoets. En aan die einde van tien dae het hulle aangesig mooier en vetter van vlees gelyk as al die kinders wat die deel van die koning se vleis geëet het. So het Melzar die deel van hulle vleis en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem; en hulle polsslag gegee.
DANIËL 1:12-16 Die Boodskap (DB)
“Gee ons tien dae kans om onsself te bewys. Laat ons toe om net water te drink en groente te eet. Vergelyk ons dan met die ander jongmense wat die kos eet wat die koning voorgeskryf het. Besluit dan op grond van wat u sien of ons daarna met ons eie dieet kan aanhou of nie.” Die amptenaar het toe ingestem dat hulle dit vir tien dae kon probeer. Aan die einde van die tien dae het Daniël en sy vriende baie gesonder en sterker gelyk as al die ander jongmense wat die koning se kos geëet het. Van toe af het die amptenaar hulle toegelaat om groente te eet in plaas van die ryk kosse en wyn wat die koning voorgeskryf het.
DANIËL 1:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Toets tog u dienaars vir tien dae. Gee vir ons net groente om te eet en water om te drink. Kyk dan ná tien dae hoe ons voorkoms vergelyk met die jong manne wat wel die koning se kos eet. U kan dan besluit om met u dienaars te maak soos u goeddink.” Hy het met Daniël ooreengekom en hulle tien dae lank op die proef gestel. Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het. Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.