2 TIMOTEUS 4:17
2 TIMOTEUS 4:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Here het my egter ondersteun en my versterk, sodat ek die verkondiging kon voltooi, en al die heidene dit kon hoor; en ek is uit die bek van die leeu gered.
2 TIMOTEUS 4:17 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Here het my gehelp, Hy het my sterk gemaak. Daarom kon ek die goeie boodskap klaar bring en al die heidene kon dit hoor. Die Here het my gered van my vyande soos 'n mens iemand red van 'n leeu.
2 TIMOTEUS 4:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.
2 TIMOTEUS 4:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered.
2 TIMOTEUS 4:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die Here het by my gestaan en my versterk; sodat deur my die prediking ten volle geken kan word en al die heidene sou hoor; en ek is verlos uit die bek van die leeu.