1 TESSALONISENSE 3:10
1 TESSALONISENSE 3:10 Bybel vir almal (ABA)
Ons bid ernstig elke dag en nag dat ons julle weer sal sien. Ons bid ook dat ons oor die ander dinge kan praat wat julle glo maar wat julle nog nie goed verstaan nie.
1 TESSALONISENSE 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?
1 TESSALONISENSE 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.
1 TESSALONISENSE 3:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terselfdertyd smeek ons bedags en snags baie ernstig om julle van aangesig tot aangesig te mag sien, en om te kan voorsien in wat aan geloof by julle ontbreek.
1 TESSALONISENSE 3:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nag en dag baie bid dat ons u aangesig mag sien en dit wat in u geloof ontbreek, kan volmaak?
1 TESSALONISENSE 3:10 Die Boodskap (DB)
In dieselfde asem bid ek nog die hele tyd baie ernstig dat God dit vir my moontlik sal maak om weer daar by julle uit te kom. Ek wil julle baie graag weer sien. Ek moet julle geloof nog sterker maak sodat daar niks in julle geestelike toerusting sal ontbreek nie.