SPREUKE 6:4-11

SPREUKE 6:4-11 AFR83

moenie gaan slaap nie, bly wakker, red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik, soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger. Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.