YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 9:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29

MARKUS 9:1 AFR83

Verder het Hy vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan, wat beslis nie sal sterwe voordat hulle gesien het dat die koninkryk van God met krag gekom het nie.”

MARKUS 9:2 AFR83

Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander

MARKUS 9:3 AFR83

en sy klere het blink geword, spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie.

MARKUS 9:4 AFR83

Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat.

MARKUS 9:5 AFR83

Toe sê Petrus vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”

MARKUS 9:6 AFR83

Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander.

MARKUS 9:7 AFR83

Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.”

MARKUS 9:8 AFR83

En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle.

MARKUS 9:10 AFR83

Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan.

MARKUS 9:11 AFR83

Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?”

MARKUS 9:12 AFR83

“Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word.

MARKUS 9:13 AFR83

Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.”

MARKUS 9:14 AFR83

Toe hulle weer by die ander dissipels kom, sien hulle 'n groot menigte mense daar rondom hulle en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer.

MARKUS 9:15 AFR83

Die hele menigte was verras toe hulle Jesus skielik sien, en het nader gehardloop om Hom te verwelkom.

MARKUS 9:16 AFR83

Hy het vir die skrifgeleerdes gevra: “Waaroor redeneer julle met my dissipels?”

MARKUS 9:17 AFR83

Een van die mense het Hom geantwoord: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring omdat hy van 'n gees besete is wat hom stom maak.

MARKUS 9:18 AFR83

En elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom op die grond neer. Dan kry hy skuim om die mond en hy kners op sy tande, en sy spiere trek saam. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te drywe, en hulle kon nie.”

MARKUS 9:19 AFR83

Jesus sê toe vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.”

MARKUS 9:20 AFR83

Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien, het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en rondgerol, met skuim om die mond.

MARKUS 9:21 AFR83

Jesus het vir die pa gevra: “Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?”

MARKUS 9:22 AFR83

“Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.”

MARKUS 9:23 AFR83

“ ‘As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.”

MARKUS 9:24 AFR83

“Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”

MARKUS 9:25 AFR83

Toe Jesus sien dat 'n menigte mense aangestroom kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: “Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!”

MARKUS 9:26 AFR83

Die gees het hom laat skreeu en hewige stuiptrekkings laat kry en toe uit hom uitgegaan. Dit het gelyk of die seun dood is, sodat baie mense gesê het: “Hy is dood.”

MARKUS 9:27 AFR83

Jesus het hom egter aan die hand gevat en opgehelp, en hy het opgestaan.

MARKUS 9:28 AFR83

Nadat Jesus huis toe gegaan het, toe hulle alleen was, het sy dissipels Hom gevra: “Waarom kon ons die gees nie uitdrywe nie?”

MARKUS 9:29 AFR83

Hy het vir hulle gesê: “Hierdie goed kan met niks anders as met gebed uitgedrywe word nie.”