YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 8:22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38

MARKUS 8:22 AFR83

Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak.

MARKUS 8:23 AFR83

Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”

MARKUS 8:24 AFR83

Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”

MARKUS 8:25 AFR83

Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien.

MARKUS 8:26 AFR83

Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

MARKUS 8:27 AFR83

Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”

MARKUS 8:28 AFR83

Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”

MARKUS 8:29 AFR83

“Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

MARKUS 8:30 AFR83

Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.

MARKUS 8:31 AFR83

Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.

MARKUS 8:32 AFR83

Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe.

MARKUS 8:33 AFR83

Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe. “Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.”

MARKUS 8:34 AFR83

Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg

MARKUS 8:35 AFR83

want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.

MARKUS 8:36 AFR83

Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

MARKUS 8:37 AFR83

Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?

MARKUS 8:38 AFR83

Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”