YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 10:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31

MARKUS 10:1 AFR83

Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan na die gebied Judea toe vertrek, oorkant die Jordaan langs. Baie mense het weer na Hom toe gekom en, soos Hy gewoond was, het Hy hulle geleer.

MARKUS 10:2 AFR83

Daar het ook Fariseërs gekom, en om Hom op die proef te stel, het hulle Hom gevra: “Mag 'n man van sy vrou skei?”

MARKUS 10:3 AFR83

Hy het daarop vir hulle gevra: “Wat het Moses julle beveel?”

MARKUS 10:4 AFR83

“Moses het toegelaat dat iemand 'n skeibrief opstel en skei,” het hulle geantwoord.

MARKUS 10:5 AFR83

Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat hy hierdie bepaling vir julle gemaak het.

MARKUS 10:6 AFR83

Maar van die begin af, van die skepping af, ‘het God hulle man en vrou gemaak.’

MARKUS 10:7 AFR83

‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe

MARKUS 10:8 AFR83

en hulle twee sal een wees,’ sodat hulle nie meer twee is nie, maar een.

MARKUS 10:9 AFR83

Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”

MARKUS 10:11 AFR83

Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou.

MARKUS 10:12 AFR83

En as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”

MARKUS 10:13 AFR83

Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas.

MARKUS 10:14 AFR83

Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.

MARKUS 10:15 AFR83

Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”

MARKUS 10:16 AFR83

Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.

MARKUS 10:17 AFR83

Net toe Jesus uit die huis uitkom om verder te gaan, kom daar iemand aangehardloop. Hy val toe voor Hom op sy knieë en vra Hom: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”

MARKUS 10:18 AFR83

Daarop sê Jesus vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen.

MARKUS 10:19 AFR83

Jy ken die gebooie: ‘Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie,’ jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder. ”

MARKUS 10:20 AFR83

“Meneer,” sê hy vir Hom, “dit alles het ek van my kinderdae af nagekom.”

MARKUS 10:21 AFR83

Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!”

MARKUS 10:22 AFR83

Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

MARKUS 10:23 AFR83

Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: “Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.”

MARKUS 10:24 AFR83

Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom.

MARKUS 10:25 AFR83

Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

MARKUS 10:26 AFR83

Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?”

MARKUS 10:27 AFR83

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.”

MARKUS 10:28 AFR83

Petrus sê toe vir Hom: “Kyk, óns het alles verlaat en ons volg U.”

MARKUS 10:29 AFR83

Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie

MARKUS 10:30 AFR83

of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.

MARKUS 10:31 AFR83

Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.”