YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 7:24, 25, 26, 27, 28, 29

MATTEUS 7:24 AFR83

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.

MATTEUS 7:25 AFR83

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.

MATTEUS 7:26 AFR83

En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met 'n dwaas wat sy huis op sand gebou het.

MATTEUS 7:27 AFR83

Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”

MATTEUS 7:28 AFR83

Toe Jesus klaar gepraat het, was die skare verbaas oor sy onderrig

MATTEUS 7:29 AFR83

want Hy het hulle geleer soos 'n man met gesag en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

Video for MATTEUS 7:24-29