YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 7:1, 2, 3, 4, 5, 6, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23

MATTEUS 7:1 AFR83

“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie

MATTEUS 7:2 AFR83

met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.

MATTEUS 7:3 AFR83

“Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

MATTEUS 7:4 AFR83

Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog?

MATTEUS 7:5 AFR83

Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.

MATTEUS 7:6 AFR83

“Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.”

MATTEUS 7:8 AFR83

want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.

MATTEUS 7:9 AFR83

“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra

MATTEUS 7:10 AFR83

of 'n slang as hy vis vra?

MATTEUS 7:11 AFR83

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

MATTEUS 7:12 AFR83

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

MATTEUS 7:13 AFR83

“Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.

MATTEUS 7:14 AFR83

Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”

MATTEUS 7:15 AFR83

“Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.

MATTEUS 7:16 AFR83

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?

MATTEUS 7:17 AFR83

Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.

MATTEUS 7:18 AFR83

'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.

MATTEUS 7:19 AFR83

Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

MATTEUS 7:20 AFR83

So sal julle die vals profete dan aan hulle vrugte ken.”

MATTEUS 7:21 AFR83

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

MATTEUS 7:22 AFR83

Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’

MATTEUS 7:23 AFR83

Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”