MATTEUS 21:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11
MATTEUS 21:1 AFR83
Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur
MATTEUS 21:2 AFR83
en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
MATTEUS 21:3 AFR83
En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur.”
MATTEUS 21:5 AFR83
“Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op die vul van 'n pakdier.”
MATTEUS 21:6 AFR83
Die twee dissipels het toe vooruit gegaan en gedoen wat Jesus hulle beveel het.
MATTEUS 21:7 AFR83
Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim.
MATTEUS 21:8 AFR83
Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi.
MATTEUS 21:9 AFR83
Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!”
MATTEUS 21:10 AFR83
Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?”
MATTEUS 21:11 AFR83
Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!”