YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 18:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9

MATTEUS 18:1 AFR83

In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”

MATTEUS 18:2 AFR83

Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan

MATTEUS 18:3 AFR83

en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie.

MATTEUS 18:4 AFR83

Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.

MATTEUS 18:5 AFR83

En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”

MATTEUS 18:6 AFR83

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.

MATTEUS 18:7 AFR83

Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom.

MATTEUS 18:8 AFR83

“As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word.

MATTEUS 18:9 AFR83

En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”

Video for MATTEUS 18:1-9