YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 12:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42

MATTEUS 12:1 AFR83

In dié tyd het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet.

MATTEUS 12:2 AFR83

Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”

MATTEUS 12:3 AFR83

Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie?

MATTEUS 12:4 AFR83

Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters.

MATTEUS 12:5 AFR83

Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.

MATTEUS 12:6 AFR83

“Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel.

MATTEUS 12:7 AFR83

As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.

MATTEUS 12:8 AFR83

Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.”

MATTEUS 12:9 AFR83

Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom.

MATTEUS 12:10 AFR83

Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry.

MATTEUS 12:11 AFR83

Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie?

MATTEUS 12:13 AFR83

Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een.

MATTEUS 12:14 AFR83

Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring.

MATTEUS 12:15 AFR83

Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar

MATTEUS 12:16 AFR83

hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat.

MATTEUS 12:17 AFR83

So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het

MATTEUS 12:18 AFR83

“Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak.

MATTEUS 12:19 AFR83

Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie.

MATTEUS 12:20 AFR83

'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier.

MATTEUS 12:21 AFR83

En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

MATTEUS 12:22 AFR83

Hulle het toe 'n man wat in die mag van 'n bose gees was, na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon praat en sien.

MATTEUS 12:23 AFR83

En die hele menigte mense was verslae en het gesê: “Is Hy nie miskien die Seun van Dawid nie?”

MATTEUS 12:24 AFR83

Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.”

MATTEUS 12:25 AFR83

Jesus het egter geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan te gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie.

MATTEUS 12:26 AFR83

As die Satan dan die Satan uitdryf, is hy teen homself verdeeld; hoe kan sy ryk dan bly staan?

MATTEUS 12:27 AFR83

En as Ek met Beëlsebul se hulp die bose geeste uitdryf, met wie se hulp doen julle volgelinge dit dan? Julle eie volgelinge sal as julle regters optree en wys dat julle verkeerd is.

MATTEUS 12:28 AFR83

“Aangesien Ek deur die Gees van God die bose geeste uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom.

MATTEUS 12:29 AFR83

“Hoe kan iemand tog by die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie? Eers dan sal hy sy huis kan beroof.

MATTEUS 12:30 AFR83

“Wie nie aan my kant is nie, is teen My; en wie nie saam met My die skape bymekaarmaak nie, jaag hulle uitmekaar.

MATTEUS 12:31 AFR83

“Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering kan die mense vergewe word, maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie.

MATTEUS 12:32 AFR83

As iemand iets teen die Seun van die mens sê, kan dit hom vergewe word; maar as iemand iets teen die Heilige Gees sê, kan dit hom nie vergewe word nie, nie in hierdie bedeling nie en ook nie in die toekomstige nie.”

MATTEUS 12:33 AFR83

“As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken.

MATTEUS 12:34 AFR83

“Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

MATTEUS 12:35 AFR83

Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.

MATTEUS 12:36 AFR83

“Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.

MATTEUS 12:37 AFR83

Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.”

MATTEUS 12:38 AFR83

Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.”

MATTEUS 12:39 AFR83

Maar Hy antwoord hulle: “'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

MATTEUS 12:40 AFR83

Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van 'n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees.

MATTEUS 12:41 AFR83

Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona!

MATTEUS 12:42 AFR83

Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!”