YouVersion Logo
Search Icon

LUKAS 9:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17

LUKAS 9:1 AFR83

Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.

LUKAS 9:2 AFR83

Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

LUKAS 9:3 AFR83

Hy het vir hulle gesê: “Moet niks vir die pad saamvat nie, nie 'n kierie of 'n reissak of brood of geld of nog 'n kledingstuk nie.

LUKAS 9:4 AFR83

En as julle in 'n huis tuis gaan, bly dan in dieselfde huis totdat julle die reis voortsit.

LUKAS 9:5 AFR83

As daar mense is wat julle nie wil ontvang nie, moet julle van so 'n plek af weggaan en die stof van julle voete afskud as aanklag teen hulle.”

LUKAS 9:6 AFR83

Hulle het toe vertrek en van die een dorp na die ander gegaan om oral die evangelie te verkondig en siekes gesond te maak.

LUKAS 9:7 AFR83

Herodes, die heerser, het gehoor van al die dinge wat gebeur, en hy was in die war omdat party mense gesê het: “Johannes is uit die dood opgewek;”

LUKAS 9:8 AFR83

party: “Elia het verskyn,” en ander: “Een van die profete van die ou tyd het opgestaan.”

LUKAS 9:10 AFR83

Toe die apostels terugkom, het hulle Jesus alles vertel wat hulle gedoen het. Daarna het Hy hulle saamgeneem in die rigting van die dorp Betsaida waar hulle alleen kon wees.

LUKAS 9:11 AFR83

Maar die mense het dit te wete gekom en agter Hom aan gegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.

LUKAS 9:12 AFR83

Toe die son begin sak, kom die twaalf na Hom toe en sê: “Stuur die mense weg dat hulle by die dorpe en plase in die omtrek slaapplek en kos kan gaan soek, want ons is hier op 'n verlate plek.”

LUKAS 9:13 AFR83

“Gee julle vir hulle iets om te eet,” sê Hy toe vir hulle. Maar hulle antwoord: “Ons het hier niks meer as vyf brode en twee visse nie. Of moet ons self vir hierdie klomp mense gaan kos koop?”

LUKAS 9:14 AFR83

Net die mans bymekaar was al omtrent vyf duisend. Toe sê Jesus vir sy dissipels: “Laat die mense in groepe van sowat vyftig gaan sit om te eet.”

LUKAS 9:15 AFR83

Hulle het toe so gemaak en almal laat regsit.

LUKAS 9:16 AFR83

Daarna het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Toe breek Hy dit en gee dit vir die dissipels om aan die mense voor te sit.

LUKAS 9:17 AFR83

Almal het geëet en genoeg gekry. Wat oorgebly het, het hulle bymekaargemaak, twaalf mandjies vol.