Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen. Die Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar. Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom. Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal. Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.
Lees LUKAS 22
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: LUKAS 22:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's