YouVersion Logo
Search Icon

LUKAS 22:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38

LUKAS 22:1 AFR83

Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby.

LUKAS 22:2 AFR83

Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen.

LUKAS 22:3 AFR83

Die Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar.

LUKAS 22:4 AFR83

Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom.

LUKAS 22:5 AFR83

Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal.

LUKAS 22:6 AFR83

Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.

LUKAS 22:7 AFR83

Die dag van die ongesuurde brood, waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek.

LUKAS 22:8 AFR83

Jesus stuur toe vir Petrus en Johannes vooruit met die opdrag: “Gaan berei die paasmaaltyd vir ons voor dat ons dit kan eet.”

LUKAS 22:9 AFR83

Hulle vra Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”

LUKAS 22:10 AFR83

Toe antwoord Hy hulle: “Kyk, net soos julle die stad ingaan, sal 'n man wat 'n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom tot in die huis waar hy ingaan

LUKAS 22:11 AFR83

en sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra u: Waar is die kamer waar Ek met my dissipels die paasmaaltyd kan eet?’

LUKAS 22:12 AFR83

En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat klaar daarvoor ingerig is. Daar moet julle dit voorberei.”

LUKAS 22:13 AFR83

Hulle het gegaan en dit gekry net soos Jesus vir hulle gesê het, en die paasmaaltyd voorberei.

LUKAS 22:14 AFR83

Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom.

LUKAS 22:15 AFR83

Hy sê toe vir hulle: “Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly.

LUKAS 22:16 AFR83

Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie.”

LUKAS 22:17 AFR83

Daarna neem Hy 'n beker, spreek die dankgebed uit en sê: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan.

LUKAS 22:18 AFR83

Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink voordat die koninkryk van God gekom het nie.”

LUKAS 22:19 AFR83

Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

LUKAS 22:20 AFR83

Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.

LUKAS 22:21 AFR83

“Maar kyk, die hand van die man wat My verraai, is saam met Myne hier op die tafel.

LUKAS 22:23 AFR83

Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen.

LUKAS 22:24 AFR83

Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word.

LUKAS 22:25 AFR83

Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem.

LUKAS 22:26 AFR83

Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.

LUKAS 22:27 AFR83

Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle kring soos die een wat dien.

LUKAS 22:28 AFR83

“Julle is die mense wat in my beproewings altyddeur by My gebly het.

LUKAS 22:29 AFR83

Net soos my Vader 'n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek 'n koninkryk aan julle

LUKAS 22:30 AFR83

sodat julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer.”

LUKAS 22:31 AFR83

“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif.

LUKAS 22:32 AFR83

Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”

LUKAS 22:33 AFR83

Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.”

LUKAS 22:34 AFR83

Maar Hy antwoord: “Petrus, Ek sê vir jou: Die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie maal verloën het deur te sê dat jy My nie ken nie.”

LUKAS 22:35 AFR83

Verder het Jesus vir hulle gesê: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie en reissak en skoene, het julle iets kortgekom?” “Nee, niks nie!” was hulle antwoord.

LUKAS 22:36 AFR83

Toe sê Hy vir hulle: “Maar nou, wie 'n beursie het, moet dit saamneem, en net so ook 'n reissak. En wie nie 'n swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf.

LUKAS 22:37 AFR83

Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ‘En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.”

LUKAS 22:38 AFR83

Hulle sê toe: “Here, kyk hier is twee swaarde.” “Ons laat dit daarby,” antwoord Hy hulle.